EntertainmentLifestyleReviews

Wen ‘n As Jy Sing-DVD en klankbaan

Sing en dans saam op die maat van onlangse Afrikaanse treffers in As Jy Sing, 'n musiekblyspel oor 'n spesiale hoërskool-sanggroepie en hul musiekonderwyser. Een gelukkige leser kan ook die DVD en klankbaan wen.

Wat gebeur as jy ‘n musiekonderwyser, ‘n hoërskool-sanggroep en span weermagmanne saam sit? ‘n Film met hope sang- en danstonele en ‘n oulike storielyn.

As Jy Sing vertel die verhaal van die passievolle musiekonderwyser, Meneer Stephan Conradie (Bobby van Jaarsveld), wat sy musiekgroep, die Bekfluitjies, gedurende die vakansie op ‘n oefenkamp vir ‘n nasionale kompetisie neem. Hulle sportmal-skoolhoof het egter ‘n ander agenda en probeer die groepie se oefenplanne in die wiele ry deur hulle na ‘n veldskool te stuur. Die eerste-rugbyspan se fisioterapeut. Juffrou De Bruin (Leah) word saamgestuur met die doel om Meneer Conradie se aandag van oefen af te lei.

Een leser kan ‘n DVD van die fliek en ‘n klankbaan propvol Afrikaanse treffers soos Totaal finaal, Ek moes jou gesoen het en Huil soos ‘n man wen. Antwoord net ‘n maklike vraag en jy sing dalk binnekort lekker saam met die Bekfluitjies.

Vraag: Watter Afrikaanse sanger (bekend vir treffers soos Halley se komeet en Waar lê jy vanaand?) speel die hoof van die Bekfluitjies se skool?

Sluitingsdatum: 4 Augustus om 16:00. Wenners sal deur middel van ‘n trekking bepaal word.

Sien bepalings en voorwaardes hier.

7 Comments

  1. Ek wil graag aan die kompetisie deelneem van as jy sing.

    Die antwoord is Robbie Wessels

Back to top button