Local newsNews

NG Lydenburg-Suid vroueaand vier Bybelse vroue

'n Bekende Bybelse verhaal, dié van Ragab, is as die tema gebruik om oor vergifnis in geloof te gesels.

Die NG Lydenburg Suid-gemeente het verlede Dinsdag hul maandelikse vroue-aand gehou.

In Josua 3:9-11 staan daar dat Ragab vir haar geloof beloon is. Sy was ‘n prostituut wat verkenners weggesteek het wat die koning van Jerigo wou aanval. Sy en haar familie is gespaar.
Vanjaar se vroueaande fokus op vroue uit die Bybel.

Die volgende kuier vind op 1 Augustus plaas. Vroue van die hele dorp word uitgenooi om dit by te woon – dit is nie net vir gemeentelede nie.
Skakel die kerkkantoor, Bergstraat 49, by 013 235 3329 om die volgende aand by te woon.

Mariel Smit, Ilse Erasmus en Hanna Watkins. Foto’s: Gerda Whitehorn. 
Isobel Janse van Rensburg, Natasha van Aswegen en Elsa van Tonder.

 
Back to top button