Local news

Woelwaters hou minisportdag by Laerskool Nelspruit

Die rugby- en netbalsterre van die toekoms het hulle staal op die baan en veld gewys tydens Nellies se Krokodilletjie en Krokonelletie sportdag.

”Hop, hop, spinnekop! Die bal het in die gat gehop!”

Só het dit die afgelope naweek langs Laerskool Nelspruit se netbalbane weerklink.

Langs die rugbyveld was dit net só ‘n gejuig toe boetie doellyn toe pyl om sy eerste drie te druk.

LEES OOK: Laerskool Laeveld groet ‘n legende na 36 jaar

Die woelwaters en ouers van 11 Laeveldse skole het Saterdag, 20 Mei, rondgehol en -gehop by Laerskool Nelspruit se Krokodilletjie en Krokonelletjie rugby- en netbaldag.

Laerskool Bergland, Laerskool Laeveld, Laerskool Malelane, Laerskool Witrivier, Komatipoort Akademie, Laerskool Lydenburg, Laerskool Barberton, Nelspruit Primary, Laerskool Clivia en Laerskool Klipspringer het by die Nellies aangesluit om ook hulle rugby- en netbaltalente ten toon te stel.

LEES OOK: Netball World Cup trophy en route to South Africa

Klein oorwinnings is gevier, graspolle is opgeskop, en dit was net breë haasbekglimlaggies waar jy kyk.

Die Laeveld se rugby- en netbaltoekoms lyk blink!

Hierdie jaar het RE/MAX Lifestyle Estates Lowveld ook die eerste RE/MAX Olympics, ten bate van Pro Gratia Learning Centre, aangebied. Vyf professionele atlete het aan ‘n hindernisbaan deelgeneem, wat onder andere ‘n eierresies en waterballongooi ingesluit het. Die atlete was Pumakie, die giggelgeel kanarie van Canary Walk Mall, Bugsy van Citybug, Innibos se Frikkie die vlieënde vlakvarkie, en RE/MAX se eie Max.

Dié gelukbringers het hul resies afgesluit met een groot sprong tot bo-op die springkasteel – die rugby en netbal was eers gedane sake en die kinders het na die springkasteel gestroom om saam met dié vyf te baljaar.

 
Back to top button