Local news

Die Vlammies se vure brand helder en hoog na verskeie seges in Mbombela

Hoërskool Bergvlam het sy staal teen Lowveld High se netbal-, rugby- en hokkiespanne in hul eerste paar ligawedstryde van dié jaar se wintersport gewys.

Hoërskool Bergvlam het Saterdag 6 Mei die eerste ligawedstryde tuis teen Lowveld High gespeel.

Die mediumskoleliga sluit Bergvlam, Lowveld High, Hoërskool Barberton, Curro Nelspruit en Hoërskool Lydenburg in.

Op die rugbyveld het Bergvlam behoorlik vuur onder Lowveld High se spelers gemaak.

LEES OOK: Pumas narrowly lose to a Sharks victory in Mbombela

Naki Fakude het twee van die vier drieë vir die eerste span gedruk, terwyl Cian Maritz en Devine Mathebula die skopwerk gedoen het. Bergvlam het met 24-5 onder leiding van die kaptein, Tonto Shokane, teen hul opponente geseëvier.

Die o. 14- en 15-rugbyspanne het skoonskip gemaak deur hul wedstryde onderskeidelik met 60-0 en 72-0 te wen. Die o. 15’s was verlede jaar se naaswenners in die Virseker-beker.

LEES OOK: Blues musician Albert Frost captivates the Lowveld

Die o. 16-rugbyspan het ook ‘n mooi wen behaal met 22-12 teen Lowveld High, terwyl die tweede span in ‘n goeie kragmeting teen Lydenburg met 10-14 verloor het.

Op die netbalbaan het die Vlammies ook gewys wat in hulle steek met ‘n wen vir die eerste netbalspan van 32-16. Danielle Mader het die meeste van hierdie doele verdoel.


Die ander wedstryde teen Lydenburg het ook seges vir die Vlammies ingesluit, en net die tweede span het teen Lowveld High vasgeval:
• 14A, 11-3
• 14B, 11-5
• 15A, 14-5
• 15B, 9-1
• 16A, 12-4
• 16B, 6-0
• Tweede span verloor 3-11 teen Lowveld High.

Op die hokkieveld het die o. 15’s en eerste dogterspanne teen Lowveld High gespeel. Die o. 15-dogters wen met 3-0 en die eerste dogterspan met 4-0. Jana van Rooyen is as die eerstespanspeler van die wedstryd aangewys.

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button