Local newsSport

Leeus sit vir die Pumas ore aan in Johannesburg

Ten spyte van vele aanvallende pogings, kon die Pumas slegs 10 punte op die telbord plaas.

Die Airlink Pumas en die Fidelity ADT Leeus het Vrydag hul kloue in die tweede katgeveg tussen dié twee kante by die Emirates Airline Park uitgehaal.

Dit was die Leeus wat hul derde oorwinning van die 2023 Carling Curriebeker gevier het. Hulle het die verdedigende kampioene met 26-10 geklop.

LEES OOK: Dangerous 4m-deep sinkhole in Lydenburg still not repaired

Beide die Pumas en die Leeus het wankelrig begin, maar dít het gou vir die Johannesburgse kant geëindig toe Manie Rass in die 11de minuut vir sy eerste drie van die wedstryd oorgedraf het. Kort daarna het nog ‘n onbeantwoorde drie vir die tuisspan met die Leeus-skrumskakel, Morné van den Berg, gevolg, toe hy ook vyf punte op die telbord aangebring het.

Die eerste punte vir die span van Mpumalanga het deur die skopstewel van Tinus de Beer gekom toe hy ‘n strafdoel sekuur tussen die pale deur geskop het.

LEES OOK: Meet Lowelder’s Got Talent’s new ambassador

Die gashere het kort daarna ‘n oorheersende voorsprong behaal met Van den Berg wat nog ‘n vyfpunter by sy naam gevoeg het om ‘n voorsprong van 21-3 met rustyd te bewerkstellig.

Ten spyte van die talle aanvallende pogings deur die Pumas in die tweede helfte, met die hoop om hul eenmanvoorsprong tot hul voordeel te gebruik ná Van den Berg se geel kaart, het ongedwonge foute by hul spel ingesluip wat hulle duur te staan gekom het.

Lynstane wat verlore gegaan het, aanslane en ‘n gebrek aan afronding is net sommige van die foute wat die Pumas begaan het. Jimmy Stonehouse se span was hul eie grootste vyand.


Diep in die tweede helfte het Rass sy tweede drie verseker, wat die laaste spyker in die doodskis van die Pumas kon wees, maar die plaasvervangerlosskakel, Brandon Thomson, het ná die toeter oor die doellyn gedraf vir sy span se eerste, en enigste, drie.

LEES OOK: Woman sentenced for possession of counterfeit goods in Mbombela court

Na afloop van die kragmeting het Stonehouse, die Pumas se hoofafrigter, gesê dat die verloor onnodig was en dat dit nie gebeur het omdat daar enigsins fout met die game plan was nie.

“Daar was nege geleenthede waar ons punte kon aanteken. As jy na die balbesit en gebiedsvoordeel kyk, dan moes ons punte aangeteken het,” het Stonehouse gesê.

LEES OOK: Ballet shoes donned for glitzy studio production in White River

Buiten die individuele foute wat gemaak is, is daar ook ander faktore wat moontlik ‘n rol kon speel. Die Leeus het 12 spelers wat deel van die United Rugby Championship was, terwyl drie van die Pumas met beserings gesukkel het. In dieselfde asem het Stonehouse bygevoeg dat daar geen verskoning is vir wat gebeur het nie, en hy meen dat ‘n verloor op sy tyd ook goed kan wees.

LEES OOK: Graskop community fed-up with crime

“Ons glo dit behoort ‘n geweldige boost vir die ouens te gee om te besef ons moet vir ‘n tuisvoordeel veg.”

Die Pumas kom Saterdag teen die NovaVit Griffons te staan. Hulle sal mekaar om 13:00 by die Nelspruit Rugbyklub pak. Stonehouse hoop dat die Pumas dié naweek weer terug op koers sal kom.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button