Local sportSport

Visse byt vir Longtom Hengelklub

Die Longtom Hengelklub het rede om breed te glimlag na hul vangste.

Die klub het op Saterdag 1 April sy April-klubkampioenskappe by die R50- dam buite Middelburg gehou. Jaco Beyneveld sr, wenner van die dag, het 14 visse uitgetrek, met ‘n totale gewig van 7,176 kg. Christo Labuschagne jr. was die juniorwenner van die dag met ‘n vangs van 5,1 kg.

Die penkopwenner van die dag was Leanie de Lange met ‘n vangs van 3,972 kg. Sy was ook al die algehele wenner van die dag met die grootste karp, wat 3,416 kg geweeg het. Die hengelaars met die swaarste sakke vis is Johan de Lange (5,28 kg), Jacques Lambrecht (6,565 kg), Johan Labuschagne (5,558 kg) en Wiekus Labuschagne (8,926 kg).

Die hengelaars het meestal karp gevang. Wiekus Labuschagne het ‘n baber ook uitgetrek en deel van die klub se vangste was ‘n kurpertjie van 0,086 kg. Cynthia de Klerk het die damesafdeling gewen met 2,954 kg. Indien daar belangstelling is om by die klub aan te sluit, skakel Beyneveld na ure by 083 461 2934.

Lindy Lamprecht.
Wiekus Labuschagne.
Lelanie de Lange.
Johan Labuschagne.
Jacques Lambrecht.
Jaco Beyneveldt.
Cynthia de Klerk.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button