Local sportNews

IN FOTO’S: BUCO Interlaer 2023

Die reën het dalk hierdie jaar se interlaer kortgeknip, maar kon geen demper op atlete en toeskouers se gemoed plaas nie.

Die BUCO Interlaer is by Nelspruit Primary se sportvelde aangebied ná aanhoudende reën die afgelope week die oorspronklike venue, Hoërskool Bergvlam, se gronde deurdrenk het.

Atlete van laerskole Nelspruit, Laeveld, Bergland, Lydenburg, Witrivier, Barberton en Nelspruit Primary het die weer trotseer en hul skole se name hoog gehou.

Velditems soos hoogspring en gewigstoot moes ongelukkig afgelas word as gevolg van die weersomstandighede. Alle hekkie-items is ook gekanselleer.

Ten spyte hiervan kon die naellope voortgaan en het die atlete lopie na lopie hul beste voetjie voorgesit.

> Foto’s: Jana Schlechter

> Foto’s: Mark Kinnear

Back to top button