Local news

Op soek na iets om te doen dié naweek?

Daar is meer as een doen-ding in Mbombela hierdie naweek, Januarie 27 tot 29, wat jy op jou kalender moet neerpen.

Daar is verskeie dinge waarmee jy jouself in Mbombela kan besig hou dié naweek. Hier is twee goeie voorbeelde:

Loufi Live

Is jy lus vir lekker kuier, saam sing en dans? Maak seker jy koop jou kaartjies vir ‘n lewendige optrede deur Loufi hierdie Saterdag. Kaartjies beloop R160 en kan by Vapers Valley in Mbombela afgehaal word. Om jou dors te les is daar by die kroeg spesiale aanbiedinge op drankies beskikbaar. Jy wil dit nie misloop nie!

Datum: 28 Januarie
Tyd: 15:00
Plek: Mabalel Lodge buite Mbombela

Loufi verlede jaar by die Franna Fest.

Pumakiti

Hoe goed ken jy jou sport? Stel jou kennis op die proef by hierdie jaar se Pumakiti, waar die bekende sportomroeper, John van Rensburg, ‘n sportvasvra aanbied. Die laaste Pumakiti is in 2019 aangebied, maar is vanjaar terug. Die Pumas-spelers en afrigter Jimmy Stonehouse sluit ook by die geleentheid aan en die Curriebeker sal ook daar te siene wees. Medaljes en ‘n wisseltrofee is op die spel. As jy dink jy ken jou sport, stuur ‘n e-pos na nelspruitnhk@gmail.com om jou span se inskrywingsvorm te kry.

Datum: 27 Januarie
Tyd: 18:30
Plek: Mbombela Stadion; Presidentslosie

Die Curriebeker sal ook by die Pumikiti te sien wees.
Kopkrap en plesier by 2019 se vasvrae.

Back to top button