Local news

Nuwe Astro-hokkiebaan vir dié twee Witrivier-skole

Hokkie kry binnekort 'n hupstoot by twee skole in Witrivier wanneer hul Astro-baan voltooi is.

Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier het onlangs geskiedenis gemaak.

Ná ‘n lang gewag het die dag wat dié twee skole hande vat om ‘n Astro-hokkiebaan te bou, uiteindelik aangebreek. Die grondwerke het op 19 Oktober begin.

> Foto’s: Rob Ferreira Facebook

Die baan word op Rob Ferreira se gronde gebou en vervang die B-rugbyveld.

Saam hoop die skole om die gemeenskap se hokkie op te bou en vorentoe te neem.

Albei skole sal kan baat by die Astro-baan, met die hoërskool se seisoen in die tweede termyn en die laerskool s’n in kwartaal drie.

LEES OOK: Barberton-polisieman bied skilpad tweede kans op oorlewing

Die hoof van Laerskool Witrivier, Rian Cooper, sê hy sien uit daarna dat die tweede hokkietoernooi in 2023 op die Astro aangebied sal kan word.

Rob Ferreira se beheerliggaamvoorsitter, Jaco Bekker, het die voorreg gehad om die eerste gras te lig.

Beide Cooper en Rob Ferreira se hoof, Dawie Oberholzer, is dankbbaar vir almal wat bydrae gelewer het om die projek van stapel te stuur.

Back to top button