Local news

Oorlede baba MJ se tweede verjaardag by Rob Ferreira Hospitaal gevier

Ná baba MJ se ouers hom verlede jaar aan die dood afgestaan het, het hulle besluit om voortaan sy verjaarsdag elke jaar op 'n spesiale manier te vier - dié jaar was by Rob Ferreira Hospitaal.

Baba MJ Erasmus is op 15 Mei verlede jaar aan ‘n rare breinaandoening oorlede. Hy was maar agt maande oud.

Sy ouers het besluit om elke jaar sy verjaardag aan minderbevoorregte kinders op te dra. Sy verjaardag was op 2 September.

“Hierdie jaar het ons besluit op die pediatriese sale van Rob Ferreira Hospitaal. Siek kinders lê ons baie na aan die hart. As daar enigiets is wat ons kan doen om selfs net een dag meer leefbaar te maak, dan is dit ‘n sukses,” sê Adri Erasmus, MJ se ma.

LEES OOK: Baba MJ sterf na dapper stryd van agt maande

Die Erasmusse het toe saam met talle rolspelers saamgespan om geskenke na die hospitaal te neem en só hulle seuntjie te vier.

Só het baie mense hande gevat om die dag moontlik te maak, en daarvoor is MJ se ouers opreg dankbaar.

> Foto: Verskaf
> Foto: Verskaf
> Foto: Verskaf
> Foto: Verskaf
> Foto: Verskaf
> Foto: Verskaf
> Foto: Verskaf

Back to top button