Local newsNewsNews

Nuwe jukskeiklub op Marlothpark gaan van krag tot krag

Die Marlothpark Jukskeiklub kom elke Woensdag en Saterdag byeen.

Marlothpark se jukskeiklub wat vroeër vanjaar gestig is, is goed op dreef en het al twee byeenkomste gehad.

Op Saterdag 28 Mei is die eerste been van die Mpumalanga Jukskeifederasie se winterliga by die bane by Henk van Rooyen Park aangebied en die tweede het op Saterdag 25 Junie gevolg. Die klub was ook gasheer vir die federasie se algemene jaarvergadering.

LEES OOK: Watervalsriviervallei skud sy vere reg vir Wildevy 2022

Die klubbestuur bestaan uit die voorsitter, Cas Joubert, die ondervoorsitter, Johan Bosman, die sekretaris/tesourier, Gerda Roos, en twee addisionele lede, Annetjie Conradie en Ina Veldman.

Enige belangstellendes, liga- of bloot sosiale spelers is welkom om by die klub aan te sluit. Daar word op Woensdae vanaf 14:00 en Saterdae vanaf 09:00 gespeel.

LEES OOK: Tou opgooi is nie ‘n opsie vir dié Laeveldse inwoner nie

Skakel Marinda by 082 804 3816 en volg hulle op Facebook op die Marlothpark Jukskeiklub.

Rikard Schouwstra word deur Niekie Coetzee van die Mpumalanga Jukskeifederasie afgerig.
Magdaleen Bertolani.
Heidi Zeitz.
Annatjie Conradie.
Fransie Botha.
Ina Veldman.
Johan Bosman.
Bets Erasmus word deur Niekie Coetzee van die Mpumalanga Jukskeifederasie afgerig.
Willie Roos.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Back to top button