Local newsNews

Watervalsriviervallei skud sy vere reg vir Wildevy 2022

Uiteindelik is dit 'n paar dae voor die Wildevy 4x4 Gesinsdag en Wildevy Bergfietsren aanbreek op Saterdag 30 Julie.

Maande se beplanning gaan Saterdag gestalte gee aan die fees der feeste in die Watervalsriviervallei. Die Watervalsrivier is die area tussen Lydenburg en Burgersfort op die R37 en bekend vir sy sitrus- en wildsplase.

Melany Kroon, een van die Wildevy Bergfietsren se organiseerders, het gesê die inskrywings het reeds Woensdag gesluit. Daar is sowat 300 inskrywings en die span het 400 geskenksakke gepak.

“Ons nooi al die toeskouers en fietsryers uit om ‘n foto te neem in die staalraam wat spesiaal gebou is op die terrein. Die wenner van die beste foto in die raam wen ‘n gratis inskrywings vir volgende jaar se bergfietsren. As die foto op Facebook gedeel word merk dit asb met die hutsmerk, #WildevyMtb2022,” het Kroon gesê.

Die bekende Springbokspeler, Bakkies Botha, gaan ook Saterdag deelneem en kan ontmoet word. Daar is baie gelukstrekkings en gratis geskenke wat uitgedeel word. Plus die fietsryers kan ‘n gratis fietswas wen na hul rit.

Die fietsry begin om 08:00 en behoort teen 12:00 klaar te wees, dan kan almal oorskuif na die Wildevy 4×4 toe.
Vir meer inligting, volg die Facebook-groep, Wildevy MTB Club of skakel Melany Kroon by 073 157 1579.

Die jaarlikse Wildevy 4X4 gesinsdag vind Saterdag plaas.

4×4-aksie soos net die Wildevymanne kan:

Vir die Wildevy 4×4, ‘n paar kilometers verder, open die hekke 07:00 en sluit na Arno Jordaan se vertoning die aand. Arno Jordaan se vertoning begin om 19:30.

Willem Montgomery, een van die Wildevy-organiseerders, het gesê 80 spanne het ingeskryf en boonop is daar 60 stalletjies. Niemand gaan verveeld rondloop nie want hierdie tipe 4×4-aksie wat voorlê. skop mens nie agter enige bult uit nie.
“Ons sien uit na die spanne wat meen hulle kan 4×4 soos kampioene ry. Ons gaan die manne van die muise onderskei. Maar dit gaan oor pret. Ons hoop almal gaan ‘n wonderlike dag geniet hier in ons vallei,” het hy gesê.

Uitstallers en borge moet onthou dis ‘n gesinsdag, geen koelbokse mag ingebring word nie. Alles sal op die terrein te koop wees.
Skakel William Montgomery vir meer inligting by 083 302 5769, of besoek www.wildevy.co.za.

Nog van die aksie wat Saterdag te wagte kan wees.

Back to top button