Local newsLocal sportNewsSport

Ruiters tem Fauresmith, modderbad en al

Jakkie en Ewen Mellet (16) asook Anzel (16) en Bianca Steyn (19), was deel van die Mpumalanga-span wat vanaf Dinsdag tot Donderdag 5 tot 7 Julie aan die Fauresmith Uithourit vir perde deelgeneem het.

Dit was die modder wat hulle amper van stryk af gebring het.

Want die 1 000 mm-reënval wat Fauresmith gekry het in plaas van hul 300 mm jaarlikse reën en die sowat 300 perde wat die dorp oorgeneem het, het veroorsaak dat die klippe en vlaktes wat normale terrein is vir vier Lydenburgers, plek-plek in ‘n modderbad ontaard het.

Jakkie en Ewen Mellet (16) asook Anzel (16) en Bianca Steyn (19), was deel van die Mpumalanga-span wat vanaf Dinsdag tot Donderdag 5 tot 7 Julie aan die Fauresmith Uithourit vir perde deelgeneem het.

Uithouritruiters noem Fauresmith die “perdehoofstad”, want dit is hier waar ruiter en perd soos een man moet dink.
Jakkie, wat in 2017 aan die wêreld se grootste uithourit in Mongolië deelgeneem het, is as die wenner van die swaargewigafdeling gekroon. Boonop het hy sy nasionale kleure verwerf.

Fauresmith is slegs een van twee geleenthede in Suid-Afrika waar ruiters vir nasionale kleure in aanmerking
kan kom.

Die ander een is die South African International Challenge se uithourit vanaf 6 tot 8 Oktober in Sondela.

Later vanjaar kan die ruiters weer hul kans waag vir nasionale kleure in Walvisbaai, Namibië.

Net 126 van die 286 perde wat weggespring het, het klaargemaak. Ewen het op die tweede dag uitgeval. Volgens Ewen se ma, Louné Millet, het sy perd, Hakim, mank begin loop nadat hy ‘n hoefyster verloor het.

Jakkie het op Ewen se perd, Zazoo, gery, want sy eie perd het net voor Fauresmith siek geword.

Anzel het ongelukkig op die eerste dag uitgeval en Bianca het ter wille van haar perd besluit om op dag een te onttrek. Dié twee Steyn-dogters het reeds aangedui hulle gaan volgende jaar weer probeer.

“Sonder my vrou Louné en ons perde- versorgers, wat Tatenda Zinyimo insluit, sou ons dit nie kon doen nie. Dis baie rof op die perde, maar die ongelooflikse sportmangees onder die hele uithouritgemeenskap dra ‘n mens deur Fauresmith, modder en al,” het Jakkie gesê.

‘n Groep veeartse is deel van die Fauresmith-ondersteuningspan, om seker te maak dat die diere gehidreer bly en nie mank word nie.

Back to top button