Local newsNews

AfriForum Nelspruit-tak staan Grace Baby Haven met skenking by

AfriForum se onlangse skenking aan Grace Baby Haven vorm deel van 'n projek wat die stad se tak begin het om basiese benodigdhede aan instansies wat dit nodig het, te skenk.

Die AfriForum Nelspruit-tak het op 3 Julie ‘n besoek by Grace Baby Haven, ’n veilige hawe vir weggooi- en mishandelde babas, gaan aflê om onder meer 810 babadoeke en klere af te lewer.

Hierdie besoek vorm deel van ’n projek wat die tak begin het om doeke en basiese benodigdhede aan instansies te skenk wat nie noodwendig die nodige fondse het om dit self aan te koop nie.

LEES OOK: Laerskool Witrivier krieketweek en hokkieweek terug met mening

“Dit is vir ons ’n voorreg om hierdie benodigdhede aan Grace Baby Haven te kan skenk, aangesien die kostes van doeke en basiese benodigdhede die laaste tyd skerp gestyg het. Ons is hier om ons gemeenskap by te staan en dus is ons ook trots om hierdie projek te kon begin,” sê Angelene Fourie, ’n aktiewe lid van dié tak.

“Dit is van kardinale belang dat ons instansies soos Grace Baby Haven ondersteun, aangesien hulle omsien na weerbare en mishandelde babas met geen ander heenkome nie,” sê Arlo van Heerden, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld.

Die AfriForum Nelspruit-tak nooi lede van die publiek uit om betrokke by dié plaaslike projek te raak om sodoende ’n verskil in die gemeenskap te maak.

Back to top button