Local sportSport

Laerskool Witrivier krieketweek en hokkieweek terug met mening

Daar het vir die eerste keer dogterspanne ook aan die krieketweek deelgeneem

Na twee jaar se afwesigheid was die immergewilde Laerskool Witrivier Krieketweek uiteindelik weer terug in die Laeveld.

Dié week, wat vanaf 24 tot 30 Junie plaasgevind het, het 19 skole, 56 spanne en 132 wedstryde oor die sewe dae gelok, en dit alles op 10 velde, insluitende die Skukuza Krieketklub s’n.

Daar het vir die eerste keer dogterspanne ook aan die krieketweek deelgeneem, en dit was ‘n geskiedkundige oomblik toe Laerskool Witrivier vir die eerste keer in 118 jaar ‘n dogterskrieketspan op die krieketveld laat stap het.

Die afrigtingspan van Ryan Maron se Cricket School of Excellence het weer die afrigting behartig. Hy het gereël dat Jacques Rudolph en Henry

Davids as oud-Proteas teenwoordig was om die afrigters raad te gee en spelers te inspireer.

Die volgende skole was deel van die Laerskool Witrivier Krieketweek: Laerskool Witrivier, Laerskool Barberton, Laerskool Klipfontein, Laerskool Laeveld, Laerskool Malelane, Laerskool Nelspruit, Nelspruit Primary, Laerskool Bergland, Uplands Prep, Laerskool Lydenburg, Curro Bankenveld, RHS Krieket Akademie, Monument Primary, Laerskool Rustenburg en Laerskool
Marble Hall.

Jacques Rudolph het die pryse aan die seuns en dogters oorhandig.

Die volgende seuns uitgeblink:

Kolwers
Tristan Blunden van Laerskool Die Arend met 142 lopies van 68 balle was aangewys as die beste kolwer van die week.
0 .9: Hendre Kruger van RHS akademie – 51 n.u.n van 27 balle.
0 .10: Matt Henwood van Laerskool Nelspruit – 86 lopies van 45 balle
0 .11: Levi Nepgen van Laerskool Die Arend – 54 n.u.n van 33 balle

Boulers
Riaan Lange van Laerskool Die Arend Was bouler van die week met die beste ontleding van 6 vir 1 in 4 boulbeurte waarvan 3 leeg was.
0 .9: Andeon Visagie van Laerskool Nelspruit met 4 vir 6 in 3 boulbeurte.
0. 10: Nathen Roelofse van Laerskool Laeveld met 4 vir 7 in 4 boulbeurte.
0 .11: Zayden van Biljon van Laerskool Die Arend met 4 vir 13 in 4 boulbeurte.

Veldwerkers
0 .9: Aston Ferreira het vyf kolwers gestonk in een wedstryd
0 .11: Heinrich Kruger van RHS Akademie het as veldwerker uitgeblink. Hy het drie keer die paaltjies in een westryd platgegooi.

Dogters 0. 10 – o .13
Laerskool Witrivier: Bouler en kolwer – Ciska van der Merwe; Veldwerker – Estie Raath.
Laerskool Klipfontein: Kolwer – Shevone Heyns;  Bouler – Dezere Opperman; Veldwerker – Zenique van der Spuy.

O. 12 – O .13

O. 12 speler van die toernooi: Nathan Nel van Laerskool Die Arend vir sy boul- en kolfwerk.

O. 13 speler van die toernooi: Deon Lange van Laerskool Die Arend – 114 en 79 nie uit nie.

Kolwers

0. 12: Nathan Nel van Laerskool Die Arend – 47 lopies.

0. 13: Deon Lange van Laerskool Die Arend – 114 n.u.n.

Boulers

O. 12: Nathan Nel van Laerskool Die Arend – 4 vir 8 in 5 boulbeurte.

0 .13: Johann Boshoff van Midstream Ridge Primary –  5 vir 3 in 5 boulbeurte.

Veldwerkers

0 .12: Ruan van Heerden van Laerskool Die Arend  – 2 kolwers uitgehardloop.

0 .13: Cameron Hargroves van Midstream Ridge Primary – 2 gestonk en 1 uitgehardloop.

Dogters

Veelsydigste speler: Haleigh Havenga van Curro Bankenveld.

Baie dankie vir Henry Davids wat die pryse oorhandig het.

Die wedstryde het plaasgevind by Laerskool Witrivier, Hoërskool Rob Ferreira, Uplands en die 0/13’s, wat in ons koshuis geslaap het, is bederf met ‘n wedstryd in Skukuza. Dankie sê aan Oom Frik by Skukuza krieketklub wat hierdie geleentheid vir ons moontlik gemaak het.

 

• Die Laerskool Witrivier Hokkieweek het ook verlede week plaasgevind.
O. 10- tot o. 13-spanne van Barberton Primary, Laerskool Die Arend, Midstream Ridge Primary, Laerskool Clivia, Uplands Prep en Laerskool Witrivier het deelgeneem.
Vyf-en-sewentig wedstyde is gespeel.
Die wenspanne was:
O. 10: Laerskool Witrivier.
O. 11: Laerskool Die Arend.
O. 12: Laerskool Die Arend.
O. 13: Midstream Ridge Primary.

 

 

 

 

Back to top button