Local newsNewsNews

Mbombela-vrou suksesvol: Optel-Familiebybel vind sy tuiste in Boksburg

'n Man het al die pad uit Boksburg gery om sy familie se Bybel in Mbombela te kom haal ná dit in Meyerton op 'n ashoop gevind is.

Van ‘n ashoop op Meyerton tot in die Laeveld, tot sy eindbestemming in Boksburg; dié optel-Familiebybel het uiteindelik sy familielede gevind.

LEES OOK: Kuns- en handvlytklasse bied uitsonderlike afleiding in die bos

Hóé hierdie Bybel, wat in 1957 deur ‘n seun aan sy ouers geskenk gegee is, in die eerste plek op die ashoop beland het, is nog ‘n raaisel, maar sy nuwe eienaar, Jerry Pieterse, is in ekstase oor hierdie geskiedenisryke skat wat nou in sy familie kan voortleef.  Pieterse het Saterdag die Bybel by Tersia Pretorius in Mbombela kom haal. Die Bybel het by haar geland ná vriende dit sowat 14 jaar gelede op ‘n ashoop opgetel het.

Jerry Pieterse blaai deur die Familiebybel in Tersia Pretorius se huis. > Foto: Chelsea Pieterse

Sy het dit op haarself geneem om die eienaar op te spoor.  En só het dit ook toe gebeur. Ná afloop van ‘n berig in Laevelder sowat ‘n maand gelede, het Pieterse die koerant genader en gesê hy kon lede van sy familie voor in die Bybel identifiseer. Daar was ander mense wat ook belangstelling getoon het, maar Pretorius het besluit die Bybel moet na hom toe gaan.

LEES OOK: Man doodgery op die Plaston-pad

Die daadwerklike oorhandiging was redelik vinnig, maar Pieterse sê hy en Pretorius het oor die navorsing wat die afgelope paar jaar oor die Pieterse-stamboom gedoen is, gesels.  “Ek het dadelik toe ek by die huis aankom, weggespring en die gapings op my stamboom ingevul vanuit die name voor in die Bybel.”

Jerry Pieterse blaai deur die Familiebybel in Tersia Pretorius se huis. > Foto: Chelsea Pieterse

Vir Pretorius is dit ‘n reuseverligting noudat die Bybel weer by ‘n afstammeling is.  “Dit was wonderlik om na Jerry se kant te luister. Die gevoel van ‘ek weet dit is die regte persoon’ het my innerlike vreugde en opgewondenheid gegee, waarvoor ek net kon sê: ‘Dankie, Here, dat U die Bybel aan die regte persoon kon gee.’ Ek is so dankbaar.”

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button