Local newsNews

Landsdiens samel meer as 500 komberse in vir Step

In een van die koudste maande van die jaar, is dit feitlik ondenkbaar dat party mense nie eens ’n warm kombers het om onder te slaap nie.

Daarom is die skenking wat Hoërskool Lydenburg se Landsdiensklub aan die Step Foundation en Lewende Woord op Donderdag 26 Mei oorhandig het, verwelkom. Drie lede het saam met Ronél du Toit (Landsdiensklubleier) en die skoolhoof, Michael van der Merwe (skoolhoof) het die komberse wat na minderbevoorregte gemeenskapslede gaan, oorhandig.

Michael van der Merwe (skoolhoof, LHS), Ronél du Toit (Landsdiens se klubleier), Hester van Zijl (Step), Mia Broodryk en Hanco Barnard (LHS Landsdiens), Rika Saayman (Step) en Egbert Hiemstra (leraar, Lewende Woord).

Onder leiding van Du Toit, het die drie leerders, Seante Taylor, Mia Broodryk en Hanco Barnard, die skool só gemotiveer, dat meer as 500 komberse in slegs vier weke ingesamel is. Egbert Hiemstra, die leraar van die Lewende Woord-gemeente het ook kom handjie bysit met die oplaai van die komberse en die skool bedank. Die kerk is een van Step Foundation se grootste ondersteuners en is ten nouste betrokke by al die barmhartigheidsprojekte. Step Foundation NPC is ’n geregistreerde, niewinsgewende organisasie, en kan by Viljoenstraat 64 (langs Mahindra & Amajaybee) besoek word.

Lees ook: Steelburger/ Lydenburg Nuus, Donderdag 2 Junie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button