Local newsNewsNews

So lyk André se inskrywingsfoto’s vir die Boerboel Bene Kompetisie

Hou Boerboel Wear se Facebook-blad dop vir die Boerboel Bene Kompetisie-finaliste wat op 6 Mei bekendgemaak word.

Die afsnydatum is verby en André de Goede se foto’s is ingestuur. Nou wag hy in spanning om te sien of sy bene binnekort op Boerboel Wear se Facebook-blad gaan pronk.

Die vier finaliste in elke kategorie van die Boerboel Bene Kompetisie verskyn Vrydag (6 Mei) op die handelsmerk se Facebook-blad, waar die publiek vir hul gunstelinge sal kan stem.

André de Goede het in die weke voor die inskrywings gesluit het, hard gewerk om sy spiere te definieer. > Foto: Belle-Grace Photography

De Goede sê hy is hoopvol en opgewonde oor die idee dat hy moontlik een van die finaliste kan wees.

LEES OOK: Van muskadel tot muskapino by Lydenburg Wyngilde se proe

“Dit het begin as ‘n grap, maar die terugvoer wat ek al gekry het, is baie groot en positief. Ek het moeite gedoen met die gym en eet… iewers moet dit íéts beteken.”

Hoe hy nou lyk is te danke aan ongeveer twee jaar se harde werk. Dit was nie bloot vir die kompetisie nie, maar het vir hom ‘n algehele leefstyl geword.

André de Goede. > Foto: Belle-Grace Photography

Die wenners van die kompetisie word op 13 Mei bekendgemaak.

André de Goede. > Foto: Belle-Grace Photography

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram

Back to top button