Local newsNewsNews

Nelliehart sorg vir nuwe bril

'n Seun van NHS het 'n baie spesiale bril van die Nelliehart-voog en gr. 10-Nelliehart-verteenwoordiger ontvang. Hy is met Stargardt se siekte gediagnoseer en hy sukkel om te lees.

‘n Gr. 10-leerder van Hoërskool Nelspruit se droom om beter te kan sien, is tydens ‘n onlangse saalbyeenkoms by dié skool bewaarheid.

Jeandré Krafft het ‘n baie spesiale bril van Morné van der Merwe (Nelliehart-voog) en Xanthé Jacobs (gr. 10-Nelliehart-verteenwoordiger) ontvang.

Jeandré is met Stargardt se siekte gediagnoseer en hy sukkel om te lees. Sy uitdaging om in ‘n gewone skoolopset te funksioneer, was daagliks vir hom ‘n yslike struikelblok.

LEES OOK: Hoërskool Bergvlam brand met trots

Dié siekte is die mees algemene vorm van jeugdige makulêre degenerasie wat een uit 10 000 mense affekteer.  Hierdie genetiese oogsiekte tas die sentrale visie aan en die enigste opsie vir Jeandré is om ‘n baie spesiale bril te gebruik.

Voor hy dit ontvang het, het hy foto’s van die vergrote klaswerk met sy tablet geneem wat hy dan maksimaal vergroot het. Hy het net beperkte sig in sy linkeroog en sy regteroog sien slegs ‘n swart kol.

Jeandré se Nelliehart-klasverteenwoordigers, Xanthé Jacobs en Tanya Pieterse, het hierdie nood en daaglikse stryd in eie geledere raakgesien en die skoolbestuur om hulp gevra. Een van die waardes van Hoërskool Nelspruit, “NHS gee om”, is hier konkreet uitgeleef.

LEES OOK: Alles van Höerskool Nelspruit en nóg meer

Xanthé en Tanya het in 2020 met die fondsinsamelingsprojek begin en het R135 000 ingesamel – genoeg om dié gesofistikeerde tegnologiese wonderwerk te koop.

“Ek is baie dankbaar vir die bril. Dit maak ‘n groot verskil, ek kan selfs op die bord sien!” sê Jeandré.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

Back to top button