Local newsNewsNews

Dis weer interhoërjaar by Nellies!

Na 'n Covid-besaaide en frustrerende jaar sonder 'n Laeveldse vriendskaplike interhoër, vind hierdie groot hoogtepunt op vele skole se jaarkalenders weer in 2022 plaas.

Soos die geval in 2015 was, toe NHS die trofee as algehele wenners vir die 50ste agtereenvolgende jaar verower het, is Hoërskool Nelspruit weer vanjaar die gasheer vir dié atletiekfees.

Die byeenkoms is vir Saterdag 26 Februarie geskeduleer, en te oordeel aan die opgewondenheid en entoesiasme wat reeds in die eerste skoolweek van die nuwe jaar ervaar is, gaan vanjaar se skouspel weer eens een vir die fynproewers wees.

LEES OOK: 2021 Player of the Year to captain Pumas against Lions

NHS spreek op hierdie vroeë stadium sy opregte dank en groot waardering uit teenoor lojale en ander potensiële borge, asook die staatmaker ondersteuners wat vanjaar se unieke geleentheid, die interhoër-vir-die-kinders, moontlik maak.

Rhodé Nel (dux), Johan Hattingh (skoolhoof) en Paul Harley (dux). > Foto: HH Photography and Design

Soos algemeen bekend, moet daar natuurlik aan streng Covid-regulasies en spesiale beperkings gehoor gegee word. Die vergunning van 2 000 persone by enige buitelugbyeenkoms bring mee dat vanjaar se interhoër in ‘n veel groter mate as in die verlede op leerderbetrokkenheid gefokus sal wees.

‘n Mens wil graag glo dat die atletiekhonger publiek sal verstaan dat die kinders wat deur die afgelope seisoene se inperkings moes stoei, eerste voorkeur sal kry – hulle verdien dit. Om ‘n skoolvriend of klasmaat vanaf die paviljoen te kan aanmoedig en in die heerlike interhoëreuforie te mag deel, is ‘n voorreg wat (soos Covid aan ons bewys bet) nie vir almal beskore was nie.

LEES OOK: Lack of maintenance billed as cause of cuts

Die aantal deelnemende atlete is ongeveer 1 000, met die gevolg dat slegs ‘n beperkte aantal sitplekke per skool (vir leerdertoeskouers) beskikbaar sal wees.

Die goeie nuus is dat die ouergemeen-skappe en ander ondersteuners van die verskeie skole al die aksie virtueel sal kan volg. Daar word tans onderhandel om die beste opsie vir die stroming van die byeenkoms te vind. Maak dus gereed om op 26 Februarie in die gemak van u eie woonplek in vanjaar se uitstalvenster van die Laeveld se atletiektalent te deel. Finale reëlings en verdere inligting sal mettertyd gekommunikeer word.

Baie sterkte aan al ons pragtige atlete en hul afrigters, wat tans hard aan die oefen is om hul skole met trots te verteenwoordig, en dalk een van die gesogte medaljes of trofeë sal inpalm.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Back to top button