Local newsNews

Aandag alle aftreeoorde: Petanque wag by Pumalanga

Petanque is 'n sport wat sy oorsprong in Frankryk het, en is nie sommer 'n "hierjyspeletjie" nie; dit word deur die Internasionale Olimpiese Komitee erken.

So vertel Olivier van Buynder by die amptelike inwyding van Pumalanga Aftreeoord se splinternuwe petanque-baan – die geleentheid is met vonkelwyn gevier.

Selfs die baan sélf het ook vonkelwyn gekry; Stephanie Putter en Joop Huiskamp was die vorige twee beste spelers, en het die eer gehad om ná een slukkie hul vonkelwyn aan weerskante van die baan op die klip en sand uit te gooi.

Dit het spanwerk van Joop Huiskamp, Klasie Human en Wim Kotze gekos om die vonkelwyn oop die te kry.

Voor die baan deur harde handewerk uit verskeie oorde aanmekaargesit is, het sowat 22 van die inwoners dié sport op die gras gespeel wat gesorg het vir baie onvoorspelbare gooie.

Hoewel petanque nie ‘n Olimpiese sport is nie, probeer die Confédération Mondiale des Sports de Boules al vir jare lank om dit op daardie vlak te kry.

Olivier van Buynder het ‘n unieke styl van gooi.

Van Buynder verduidelik dat klubs vir hierdie sport maar baie skaars is, en dat hy dink hulle die enigste oord is wat so ‘n baan in Mpumalanga het. Tot en met drie spanne kan gelyktydig speel, maar die standaard is twee, soos ook op die inwydingsdag die geval was.

Joop Huiskamp gooi sy vonkelwyn oor die baan uit voor die aanvang van die spel.

Daar is een klein helderkleurige balletjie (die cochonette) wat eerste gegooi word, daarna kry elke span kans om om die beurt groter silwer balle so ná as moontlik daaraan te gooi.

Hoe meer balle een span aan die klein balletjie kan kry, hoe meer punte, maar slegs wanneer die ander span nie tweede naaste lê nie; dan is dit slegs een punt. Wanneer die oog faal word ‘n maatband natuurlik ingespan – geen verneukery word geduld nie.

Rollo Granville en Alf Pelser het die meetwerk behartig.

Ná die eerste ronde kry die wenspan die kans om weer die cochonette te gooi, maar dié keer van die ander kant van die baan af.

LEES OOK: Rivierkaskenades om vakansie mee af te skop

Pumalanga se inwoners het die inwyding terdeë geniet, met ‘n spottery en tergery wat tussendeur vir baie gelag gesorg het. Oor en weer het die vrouens en die manne mekaar ore aangesit, maar dit is die vroue wat die finale 13-punt ronde gewen het.

Petro Swart vee gate toe voor die aanvang van ‘n volgende ronde.

Die inwoners wil graag ander aftreeoorde in die stad uitnooi om by hulle vir hierdie prettige spel te kom aansluit. Dit is ook goeie oefening; niemand mag jou bal vír jou optel nie – jy moet dit self doen.

Stephanie Putter maak gereed vir ‘n gooi.

Borge vir die baan was Nelspruit Crushers, Readymix vir die klip en sand, De Jager Vervoer vir die vervoer van die klip en sand, Winmar vir die bidim, en BUCO vir die planke. Van die manne in die oord het gehelp met die bou van die baan, en het fluks kruiwa gestoot. Die inwoners stuur hulle hartlike dank aan diegene wat hierdie baan vir hulle ‘n werklikheid kon maak.

Klaise Human, Dalene Noppe en Petro Swart.
Olivier van Buynder, as die dryfkrag after die inisiatief, het die lintknipseremonie hanteer.

 

Rika Human aan die beurt.
Olivier van Buynder lig ‘n glasie ter ere van die nuwe baan.

Do you have more information about the story?

Please send us an email to editorial@lowvelder.co.za.

For free breaking and community news, visit Lowvelder’s website: Lowvelder

For more news and interesting articles, like Lowvelder on Facebook, follow us on Twitter or Instagram 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button