Local newsNews

Toy se omgeeprojek het die Laeveld-gemeenskap se ondersteuning nodig

Twaalf jaar gelede het Toy Bester haar “Toy se omgeeprojek” begin, wat hoofsaaklik sorg vir kospakkies aan minderbevoorregtes.

Behoeftige lede van die gemeenskap ontvang by Bester ‘n vorm om in te vul en word op ‘n databasis geplaas. Bester verskaf dan maandelikse kospakkies aan die behoeftiges daarop.

Bester is steeds hard aan die werk in die Laeveld-gemeenskap en het tydens die Covid-19-grendeltydperk alleen 1 860 kospakkies uitgedeel. Sy het onlangs ook saam met die Christelike Maatskaplike Raad Nelspruit gewerk om die uitdeling van pakkies te vergemaklik.

Haar projek is egter afhanklik van befondsing en skenkings, en die volgende nie-bederfbare items is tans noodsaaklik:

  • 400 g-blikkies bone
  • 2 kg-pakke suiker
  • 500 g-pakkies spaghetti
  • 250 g-pakkies macaroni
  • 2,5 kg-pakke mieliemeel
  • 500 g-pakkies bruismeel
  • 1 kg-pakke rys
  • Pakkies soppoeier
  • 750 ml-bottels sonneblomolie
  • 100 g-pakkies stampmielies
  • 1 lt-bottels melk
  • 1 kg-sakke Cremora
  • 450 g-blikkies konfyt
  • 400 g-blikkies grondboontjiebotter
  • Teesakkies
  • 500 g-pakkies sojamaalvleis
  • Koekies seep
  • 100 ml-tandepastebuisies
  • Toiletpapier
  • Skottelgoedseep
  • Sjampoe.

LEES OOK: Refentse maak sy verskyning binnenshuis met Innibos

Enige ander skenkings word ook verwelkom. Om te skenk of meer inligting te bekom, kontak Bester by 081-438-5373.    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button