Local newsNews

Aladdin uiteindelik op die towertapyt

'n Jaar na die produksie éintlik opgevoer moes word, het Aladdin deur die Elana Burger Dance School uiteindelik verlede week die planke in Hoërskool Rob Ferreira se skoolsaal gehaal. 

Burger het verduidelik hoe die grendeltydperk hulle verhoed het om voort te gaan met die oorspronklike datum verlede jaar, maar het ook gesê sy is dankbaar dat hulle eindelik kon voortgaan.

“Die ouers het aanmekaar gebel en gevra ‘wanneer, wanneer, wanneer?’, want die klere word te klein; jy weet, in ‘n jaar groei ‘n kleintjie.”

Twee van haar dansers was ook reeds Pretoria toe om te gaan studeer, maar het spesiaal vir die opvoering teruggekom. Een van dié dansers, Noluthando Mathebula, wat die rol van die djin vertolk het, het ‘n plek in ‘n dansgeselskap by Oakfields College ontvang.

“Dis my eerste wat opgeneem is in ‘n dansgeselskap, so ek is baie trots op haar. Sy dans al vir 15 jaar by my – ek het haar grootgemaak,” het Burger gesê.

LEES OOK: Witrivier VLU vier 11de bestaansjaar

Bruce Macaulay was die verteller en het vanuit die gehoor voor elke bedryf uitgebrei oor wat verwag kon word.

Dogters van ouderdomme tussen drie en 19 kon op die verhoog gesien word en elkeen het op haar manier die gehoor betower. Die jongstes het veral ook ‘n reaksie uitgelok in hulle skattige pakkies.

Back to top button