Local newsNews

Covid-19 eis ook Innibos 2020

Die Standard Bank Innibos Kunstefees wat van 16 tot 20 Desember sou plaasvind, is gekanselleer. 

Die voortslepende onsekerheid weens die verlenging van die Covid-19-ramptoestand en die gevolglike beperking op die hou van groot byeenkomste het dié besluit deur die Innibos-direksie in oorleg met die naamborg, Standard Bank, genoodsaak. Andy Lubbe, feesbestuurder van Innibos, sê dit is ’n hartseer maar realistiese besluit.

“Innibos was slaggereed om ondanks talle uitdagings die kunstefees te hou. Die risiko blyk eindelik net té groot te wees, en die onsekerheid kan nie onbepaald voortduur nie. Ons is ’n besluit verskuldig aan al ons lojale feesvennote.”

Lubbe sê die Covid-19-pandemie het ongekende en verreikende uitdagings vir kunstefeeste tot gevolg gehad. “Buiten die verlies aan inkomste vir kunstenaars en diensverskaffers, ly die plaaslike ekonomie ook skade. Verlede jaar was die ekonomiese impak van Innibos sowat R82 miljoen.

LEES OOK: Plaaslike prokureur dood na aanval op kleinhoewe naby Witrivier

Ons is tans dalk effe moedeloos, maar beslis nie op moedverloor se vlakte nie en spring reeds weg met die beplanning vir 2021 se kunstefees.”

Die voorlopige datum vir Innibos 2021 is 30 Junie tot 4 Julie. Feesgangers wat reeds toegangskaartjies gekoop het, kan om ’n terugbetaling vra by Computicket.

Back to top button