Local newsNews

‘Skole moet self besluit’

Die onderwysdepartement se sentralistiese benadering tot die heropening van skole is nie geskik vir die stand van sake op skoolvlak nie.

MBOMBELA -Die VF Plus se standpunt is dat skole primêr ‘n gemeenskapsaak is en dat hulle toegelaat moet word om te heropen soos dit vir hulle moontlik is, terwyl ouers toegelaat moet word om hul kinders slegs skool toe te stuur indien hulle gemaklik daarmee is.

So sê dr. Wynand Boshoff, VF Plus-LP en hoofwoordvoerder van basiese onderwys.

“Terwyl talle skole weke lank al gereed is om te open, is daar ander waar die eerste voorbereidende stappe nog nie geneem is nie.

“Daarom word die oproep herhaal dat skole toegelaat moet word om te heropen soos dit vir hulle moontlik is, terwyl ouers toegelaat moet word om hul kinders slegs skool toe te stuur indien hulle gemaklik daarmee is,” sê Boshoff.

LEES OOK: AfriForum ondersteun skole met hulppakket

Werner Weber, voorsitter van die VF Plus in Mpumalanga, sê dat hoewel pres. Cyril Ramaphosa die situasie so goed hanteer het as wat ‘n mens kan verwag in die moeilike en vreemde omstandighede waarin ons onself bevind, is dit onmoontlik om die situasie op die lange duur met wetgewing te beheer.

“Mense sal moet leer om daarmee saam te leef en self verantwoordelikheid te vat vir hul gesondheid en veiligheid. Covid-19 is nog nie verby nie en dit gaan dalk nog lank deel van ons lewens wees. Ons sal moet aanpas,” sê hy.

LEES OOK: Standard Bank Innibos Kunstefees – Digitaal en wêreldwyd!

Back to top button