Local newsNews

Mbombela ma’s vier Moedersdag met hulle grendelstaatbabas – Ontmoet Baba Zane

Laevelder het met Mamma Zancia van der Walt gesels oor haar baba wat tydens die grendelstaat gebore is.

Zane van der Walt is net voor middernag op 22 April, die 27ste dag van die grendelstaat, in Mediclinic Nelspruit gebore. Hy het 3,1kg geweeg en was 52cm lank.


Volgens Ma Zancia het die kleine Zane besluit om vroeg sy opwagting te maak. Hy sou oorspronklik op 6 Mei met behulp van ‘n keisersnee gebore word.

“Ons dink hy het gehoor hoe sy boetie, Ruan, elke aand vra het wanneer sy boetie dan nou kom en het toe besluit om ons te verras.

“Ouboet was baie verbaas toe Mamma en Pappa hy die huis stop en sy boetie is wragtig in die kar!” sê Zancia.

Ouboet Ruan van der Walt het ook sy verjaarsdag gevier tydens die grendelstaat.

“My man, Stephan, het sy naam gekies. Ons het gehoop die tweede een gaan ‘n sussie wees en sou haar Zuane noem, maar toe verras die baba ons. Ons het toe besluit om die naam te verander in n seunsnaam na Zane,” verduidelik Zancia.

Trotse Pa Stephan van der Walt

“Om ‘n ma te wees is seker die beste gevoel ooit! Die dag toe ek uitgevind het ek is swanger met ons eerste seun was ek bang, verward, deurmekaar en nie seker wat vir ons voorlê nie, maar alles val vanself in plek en voor mens jou  uitvee is daardie kleine lyfie in jou arms. Met my tweede swangerskap was ek natuurlik meer voorbereid en nie so bang nie. Om te weet mens bring nog ‘n klein lyfie in die wêreld is die beste gevoel ooit. My seuns beteken die wêreld vir my! Ek sal berge verskuif vir hulle,” vertel die trotse ma.

“Ek was bang! Ek het probeer uithou tot die einde toe en het gebid en gehoop dat ek nie geboorte sou gee tydens die tyd van inperking nie, want mens weet nie wat om te verwag nie. Maar dit was toe glad n ie so erg nie! Mediclinic was baie behulpsaam. My man kon my elke dag tydens besoektye besoek. Ek was bietjie hartseer oor die res van die familie nie daar kon wees om die nuweling te verwelkom nie, maar onder omstandighede kan mens dit verstaan, ” sê sy.

LEES OOK: Nelspruit Ma radeloos oor hoe om dogtertjie by die huis te kry

En wat is haar raad aan ander mammas wat tydens die grendeltyd ‘n nuwe baba moet verwelkom?

LEES OOK: Ontmoet baba Lizandri

“Ek dink nie daar is veel wenke om te gee nie. Dis nie anders as enige ander geboorte nie. Die enigste verskil is dat jou familie jou nie mag besoek nie. Wees net positief en geniet die tydjie saam jou kleinding. Hulle word so vinnig groot.”

Back to top button