Local sportSport

2020 rugbyseisoen in die weegskaal

Rugbyliefhebbers gaan moontlik vir die res van die jaar bra droëbek sit met die toekoms van provinsiale en internasionale wedstryde in die weegskaal weens die Covid-19 pandemie. 

Skolerugby is egter summier vir die res van die jaar afgeskaf.  “As gevolg van die Covid–19 pandemie en die maatreëls wat deur die regering ingestel is, het ons besluit om alle laerskole-rugbybyeenkomste en wedstryde vir 2020 af te stel.

Die regering se voorspelling is dat die pandemie nog nie sy hoogtepunt bereik het nie, en daarom voel ons genoodsaak om die belang van die seuns en personeel eerste te stel en daarom het ons dié besluit geneem,” het die Mpumalanga Laerskole Rugbyvereniging vroeër aangekondig.

Volgens Roelof Kotze, bestuurder van amateurrugby in die provinsie, geld dieselfde vir hoërskolerugby, en is toernooie soos die Virseker-beker gekanselleer.

LEES OOK: Virseker-beker gekanselleer

Die land het Vrydag van inperkingsvlak verander tot vlak vier, en hoewel talle Maandag terug is werk toe, sal die speel in sport eers op vlak een hervat.

Laevelders en die res van Suid-Afrika lek reeds hulle lippe af vir die kragmeting tussen die Springbokke en die All Blacks wat vir 26 September by Mbombela Stadion geskeduleer is.

Of hierdie wedstryd gaan realiseer, sal net die tyd leer. Wêreldrugby stel egter voor dat sulke wedstryde moontlik kan voortgaan sonder toeskouers.

Photo credit: Johan Orton

Volgens Pieter Burger, hoof van die Mpumalanga Rugby Unie, is voorleggings aan die regering se taakspan gedoen om onder streng maatreëls die bal aan die rol te kry.

Dié maatreëls sluit onder meer sosiale afstand, die invul van vraelyste en gereelde meet van koors in. Burger verduidelik dat die eerste fase van die voorgestelde raamwerk die hervat van oefeninge is, en unies hoop dat dit in dieselfde tydeperk as die heropening van skole sal geskied.

Photo credit: Johan Orton

“Dit is een van twee scenarios, wat sekere wedstryde soos die verwagte toets in September, en die Currie-beker kan toelaat – met of sonder toe-skouers.

Dit beteken egter geen verdere jeug- of amateur-wedstryde of -reekse vir 2020 nie. Die tweede scenario is geen rugby vir die res die jaar nie, en die risiko van miljoene rande se inkomsteverlies en verreikende gevolge.”

LEES OOK: So oefen die Phakisa Pumas tydens inperking

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button