BlogsOpinion

Inperking, dag 13: Motiveringsboodskap vir die dag

Past. Hannah Hodgkinson, van die Lewende Woord met Passie, Mbombela, deel hierdie stukkie motivering met ons. #LockdownSouthAfrica #LockdownFor21Days

 Ps 25:12-13: “As iemand die Here dien, leer hy hom watter pad hy moet kies, sodat hy voorspoed sal geniet en sy nageslag die land sal bly bewoon.”

Hierdie Skrif het my laat dink aan ons lockdown-tyd van afsondering.

Ons het nie ‘n keuse gehad nie.
Maar, nou is die tyd waar ons weer ons eie geliefdes kan geniet en waardeer.
Die rat race van die lewe maak dit soms moeilik om tyd opsy te sit vir mekaar.
Maak die keuse om hierna ‘n positiewe uitkyk te hê: Lag uit jou maag uit, doen dinge saam met mekaar by jou huis wat jy lankal wou doen, en sien dit as ‘n vreugdevolle vakansie.
Jy het nie eintlik ‘n keuse nie, want ons is vrywillig verplig om hierdie tydperk in afsondering te wees, en net jy kan besluit hoe om die dae om te kry.
Raak weer positief en waardeer die kosbare tye saam. Jy hoef nie net gelukkig te wees by jou werk nie, jy kan steeds drome droom en jou tyd tuis geniet.
Die Here is elke oomblik saam met jou en ek glo hy wil sien dat jy in hierdie kort rukkie ook nader aan hom sal beweeg.
Wanneer ons eers ons nietigheid voor die Here besef, sal ons verstaan en weet dat ons wél gelukkig kan wees te midde van die Covid-19 wat die wêreld nou oorheers.
Berei jouself nou tuis voor, vernuwe jou denke en maak jou gereed vir die grand finale wanneer die Here ons gaan kom haal. Die keuse bly joune. Wat sal dit wees?
Gebed: “Here, saam kom ons na U in die mooiste Naam van Jesus Christus. Here, dankie vir die tyd wat ons nou het om mekaar weer te waardeer en te besef hoe belangrik dit is om vir mekaar ruimte en tyd te gee. Ons het U nodig, o Heer, en U is elke oomblik saam met ons. Help ons, liewe Heer, om te midde van die omstandighede in die wêreld, die regte keuses te maak en U in alles te ken. Seën ons in Jesus Naam, asseblief met gesondheid, kalmte, vrede en liefde. Ons sê dankie vir alles en nog meer.
“Ek spreek lewe oor almal, in Jesus Naam, “Amen.” 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button