Local newsNews

Innibos wen weer eens fees van die jaar

Oorweldigende vreugde het almal se harte gevul toe Innibos weer vanjaar aangekondig is as wenner van die Fiësta-toekenning.

Innibos is op Februarie 9 deur Fiësta aangewys as die gewildste fees van die jaar. In die tien jaar wat Fiësta hierdie toekennings aanbied, het Innibos al vyf daarvan huis toe gebring.

Buiten dat hulle die toekenning gewen het, het hulle ook die beste buitelug- musiekgedrewe produksie tydens die Saterdagaand se kykNet-verjaardagkonsert gewen.

“Hierdie toekenning was vir ons ‘n ongelooflike verrassing vanjaar. Om vir vyf uit die 10 jaar van die Fiëstas as fees van die jaar aangewys te word is ‘n baie groot eer en voorreg! Sonder ons borge, elke feesganger en veral die Laeveldse gemeenskap, sou dit nie moontlik gewees het nie! Dankie, dankie, dankie!” het bemarkingsbestuurder van Innibos, Sandra Jacobs, gesê.

Die Laeveld sien uit om vanjaar weer Innibos 2020 se nommerpasfees, wat plaasvind vanaf 24 tot 26 Junie, by te woon.

LEES OOK: Stem vir Innibos en wen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button