Local newsNews

Hokkie bokkies samel geld in

Die hokkie meisies van Hoërskool Bergvlam speel kelners om geld in te samel vir hulle toer

Die o/16-hokkie- meisies van Hoërskool Bergvlam het Dinsdagaand tafels bedien om geld in te samel vir hulle hokkietoer na Volksrust.

Die hokkiespan het saam met die Arkansas Spur-span gewerk om vinnige en flukse diens te verskaf aan klante.

Hulle het bestellings geneem, kos aangedra en selfs gesing vir mense wat verjaar.

LEES OOK: Oud-Laevelder se fokus is om gesond en veilig te bly in Hong Kong

Hulle het vanaf 18:00 tot 21:00 gewerk en 10 % van die fooie wat gemaak was op die aand is vir die hokkiemeisies gegee.

“Ons is baie trots om sulke bereidwillige, hardwerkende span te hê en ons sien uit vir groot dinge die seisoen,” sê Chandra Oosthuizen, afrigter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button