Local newsNews

Nellies-harmonië verower harte

Laerskool Nelspruit se junior en senior kore het albei opwindende optredes by die nasionale Sing in Harmonie-skoolkoorkompetisie gelewer.

Die nasionale finale het verlede week by die Kaleideo-ouditorium in Kempton Park plaasgevind.

Sing in Harmonie is die grootste skoolkoorkompetisie in die land, wat vir skole regoor Suid-Afrika die kans bied om op nasionale vlak deel te neem en raakgesien te word. Altesaam 256 kore het aan Sing in Harmonie 2019 deelgeneem.

Nellies se junior koor het die Donderdag opgetree and die senior koor Vrydag. Die senior koor was algeheel derde. Die junior koor het ‘n vierde plek losgesing. Beide kore word deur juffrou Isabel van Veenhuyzen afgerig.

LEES OOK: Kaapsehoop spog met ‘n Siya van hul eie

Dit word Sondag 10 November om 17:00 op DStv kanaal 146 uitgesaai.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button