Local newsNews

DBV sonder voertuig gelaat na ongeluk

Die plaaslike DBV is in nypende omstandighede gelaat nadat hul enigste voertuig onlangs in 'n ongeluk betrokke was, en heel waarskynlik afgeskryf gaan word. 

Veld-offisier Matthews Moyo was besig met inspeksies en opvolgwerk in Sabie ten tye van die ongeluk. Moyo is met geringe beserings in die hospitaal opgeneem. Hy is intussen ontslaan.

“Ons is dankbaar dat Matthews net kneusplekke en geen ernstige beserings opgedoen het nie,” het Ludi Botha, voorsitter van die Nelspruit DBV, bevestig.

LEES OOK: Festive season peak time for robberies and crime

Botha was baie bekommerd aangesien die Toyota-bakkie nou heeltemal onpadwaardig is, en as gevolg van sy ouderdom heel waarskynlik afgeskryf gaan word.

“Die versekeringseis is ‘n proses, en die uitbetaling gaan beslis nie die voertuig kan vervang nie, dit weet ons reeds.”

Botha het bevestig dat hulle nou probeer fondse insamel om die verskil van die uitstaande bedrag te bekom, of om dringend ‘n ander voertuig te bekom.

“Die bakkie was ons diere se lewensredder en het op ‘n daaglikse basis baie hard gewerk. Ons voel sy verlies elke dag sedert die ongeluk.”

Die Toyota is gebruik om byvoorbeeld onder andere vars groente en melk te gaan koop vir die hase, bok, vark, kalf en ponie wat huidiglik ook by die Nelspruit DBV is. Dit is bo en behalwe die honde en katte wat daar is.

“Dit is nou ‘n logistieke nagmerrie, maar erger nog, ons sukkel om by ons huisinspeksies, opvolginspeksies en klagtes by te hou. Die vervoer van diere van en na die veearts word ook ernstig beïnvloed en privaatvoertuie word gereeld ingespan. Dit wat ons móét doen is nou baie moeilik.”

Die plaaslike DBV bedien ‘n enorme area, met baie werk in omgewings ver buite Mbombela en Witrivier. “Hierdie is n baie ernstige probleem vir ons,” het Botha verslae gesê.

Om betrokke te raak, kontak die Nelspruit DBV by 013-753-3582.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button