Local newsNews

Man vra geregtigheid vir Letisia

Letisia word Vrydagmiddag ter ruste gelê by die NG Suid-gemeente in Middelburg.

MBOMBELA – “‘n Mens jaag nie weg nie. Jy jaag nie eens weg as jy ‘n hond doodgery het nie,” vertel ‘n bewoë Eben Niemann (44) nadat sy eggenote, Letisia (38), Saterdagaand omtrent 23:00 deur ‘n vermoedelik roekelose bestuurder doodgery is.

Eben en sy oorlede vrou is eienaars van Quality Sandblasting and Construction langs Mustangs.

“Ons het hier by my plek met ‘n paar vriende gebraai en lekker gesellig gekuier, toe ons besluit om by Mustangs in te loer. Ons het almal soontoe afgestap omdat dit so naby is aan my, en maar ietsie gedrink.

“Die plek was stampvol en ons het toe besluit om maar terug te stap. Van ons vriende het al begin terugstap om weer by my plek te kuier.”

Letisia Niemann.

LEES OOK: SAPS recruitment drive opens, targets youth

Die diep onstelde Eben sê dat hy en Letisia ‘n wit bakkie bokant die straat gewaar het. “Ons het die bakkie gesien en die bestuurder het gespin en doughnuts gegooi, en toe sê my vrou nogals, ‘Daai ou se vrou is seker lekker kwaad vir hom, of hy vir haar.’ Ons het nog ‘n grap gemaak daaroor.”

Eben vertel dat die bestuurder van die bakkie met ‘n geweldige spoed op hulle afgejaag het nadat Letisia oor die pad begin stap het.

“Vir die een of ander rede het sy oor die pad gestap, seker om by my uit te kom. Toe kom daardie man met ‘n groot spoed aan en hy slaan haar. Hy het haar gestamp, sy is bo-oor die bakkie en land toe op die grond. Toe stop hy. Dis die ergste; toe ry hy agteruit oor haar. Hulle reken as hy nie agteruit gery het het nie, sou sy nog gelewe het.”

LEES OOK: Cross Country runners battle it out at UMP

Volgens Eben was Letisia ‘n baie liefdevolle mens wat altyd almal om haar gelukkig probeer maak het.

“Sy was ‘n baie sosiale persoon wat altyd gelag het. Ek sê dit nie omdat sy my vrou was nie, maar sy het altyd alles in haar vermoë gedoen om ander te help.”

Met trane in sy oë sê Eben: “Sy was ‘n engel gewees. Dis hoekom ek partykeer sê: ‘Ek weet nie. Ek en my vrou is goeie mense, ons wens ander altyd die beste toe. Hoekom moet dit met goeie mense gebeur?'”

LEES OOK: Another setback for Lily and Barbrook mines with interdict

Letisia word Vrydagmiddag ter ruste gelê by die NG Suid-gemeente in Middelburg.

“Ons was September 26 tien jaar getroud en ons is 21 jaar saam. Dit was my pa se verjaarsdag gister (Sondag) en my vrou is oorlede op sy verjaarsdag.

“Ek het ‘n besigheid, maar ek het nou niks meer nie. Ek wil net hê geregtigheid moet geskied. Die bestuurder-ou moet berou vir
wat hy gedoen het.

LEES OOK: Lowveld horse riders excel at national schools league

“Baie mense staan my by in Mbombela, mense wat ek geleer ken het oor vier jaar. Ek wil net vir almal baie dankie sê vir hul
bystand.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button