Local newsNews

Outopsieverslag gaan deurslaggewend wees

Zander Kotze, die Mbombela Gholfklub-aanvalsslagoffer, is op 28 Augustus ter ruste gelê, tydens 'n roudiens gehou in die Nederduitsch Hervormde Kerk.

MBOMBELA -Vriende, familie en kollegas van Zander, wat die verlies van hul vriend, broer, pa en eggenoot betreur, het steeds nog talle onbeantwoorde vrae.

Meer as twee weke later is die outopsieverslag nog nie bekend nie. Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice (BCJ) het onthul dat die verslag heel moontlik eers vroeg volgende week beskikbaar sal wees, wat die oorsaak van Zander se dood met sekerheid sal openbaar.

ALSO READ: Wanneer ‘n handeling op afpersing neerkom

Hy was na die aanval op hom, by die gholfklub op 7 Julie, in ‘n koma. Hy is later van Mediclinic Nelspruit se intensiewesorgeenheid na Johannesburg verskuif vir addisionele behandeling. Hy is op 17 Augustus in die Clayton House Hospitaal oorlede.

Morné van Rooyen het Maandag weer in die hof verskyn op ‘n aanklag van moord.’n Beloning van R25 000 is egter uitgevaardig vir enige addisionele inligting wat kan lei tot die suksesvolle vervolging van die persoon wat bygedra het tot Zander se ontydige afsterwe.

ALSO READ: Three-year-old with cerebral palsy receives first wheelchair

Volgens Gryvenstein wag hulle vir die outopsieverslag en die bewyse wat dit sal oplewer ten einde nuwe leidrade te kan opvolg.

Polisiewoordvoerder kapt. Zandile Gqawa kon nie vir kommentaar bereik word nie. Sy het voorheen bevestig dat ao. Jerry Mamba die ondersoekbeampte sal wees in Zander se moordsaak en dat sy nadoodse ondersoek spoedig gehou sal word in Johannesburg.

ALSO READ: A family man from the two-wheeled brotherhood

Van Rooyen het ook ‘n aanrandingssaak teen Mienkie, Zander se vrou geopen, volgens Gqawa.
Sy saak is uitgestel tot 6 November, om ‘n kopie van die nadoodse verslag te bekom en vir verdere ondersoek

Enige ooggetuies met betroubare inligting moet dringend lt. kol. Erhard Ströh kontak op 082-464-5721 of Gryvenstein op 082-567-5212 .

Back to top button