Local newsNews

Pieter Koen bring jolyt na Moving Mountains

Vier busse vol vroue het verlede Donderdagaand by Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe byeengekom vir 'n fondsinsameling ten bate van plaaslike kankerpasiëntjies.

MBOMBELA – Die At Your Cervix-inisiatief deur Moving Mountains het afgeskop met ‘n praatjie deur ‘n ginekoloog op elke bus onderweg na die venue.

Dit het die vroue nie net ‘n bietjie wyser gemaak nie, maar het Moving Mountains in staat gestel om aan die einde van die aand R7 500 aan beide Kuen Harrison (3) en Sean Adlem (12) te skenk.

KYKSarkoom kry dapper Sean nie onder nie

Sean is in April met Ewing se sarkoom, ‘n aggressiewe tipe beenkanker, gediagnoseer. Kuen Harrison (3) is vroeër vanjaar met neuroblastoom, ‘n skaars tipe kanker, gediagnoseer.

Moving Mountains is ‘n organisasie sonder winsoogmerk wat kankerpasiënte ondersteun.

By die lughawe se boma is die gaste op sop en ‘n konsert deur die gewilde Afrikaanse sanger Pieter Koen getrakteer.

LEES OOK: Kuen’s courage can’t be broken

Dit was ook ‘n gepaste manier om die Vrouedag-naweek af te skop. Volgens Koen was sy gehoor in die Laeveld nog nooit so mooi nie.

Saam met seremoniemeester Karien van Niekerk het hulle die gehoor met skreeusnaakse stuitighede vermaak.

Koen het oud en jonk aan die dans gehad met onder meer “Wat die Hart Van Vol is”, “Weerligstraal” en veral “Skud Jou Biscuit”. Daar is tot laat die aand gedans.

Die volgende Moving Mountains- fondsinsameling is op 6 September saam met Refentse. Vir meer inligting, kontak 082-410-7779.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button