BlogsOpinion

Aggenee, Augustus!

Ek neem hiermee amptelik aanstoot teen Augustus dat hy reeds sy verskyning gemaak het.

Vanoggend toe ek wakker word, verwittig my foon my van die feit dat vandag die eerste van Augustus is.

Laat ek dit herhaal: Augustus.

Die agtste maand van die jaar.

Hoe? Dit voel of ek my oë maar net drie keer vinnig geknip het, en nou is die grootste gedeelte van die jaar al verby.

Almal met wie ek daaroor praat voel presies dieselfde. Afgesien van die ongeloof voel almal ook totaal en al gedreineerd. Sielsmoeg. Kapoet. Gaar. Klaar!

Uit blote desperaatheid het ek nou na verskillende tydsones op die internet begin kyk. By party plekke is dit amper al 2 Augustus, terwyl ander persone binnekort eers in 1 Augustus gaan wakker word.

LEES OOK: A life well lived at Lowvelder as a journalist

Ek wonder of hulle ook soos ons hier in die Laeveld voel? Of is dit net omdat ons nooit regtig winter gehad het nie?

Want sien, as ons winter gehad het kon ons darem in Augustus uitgesien het na die somer. Maar hier is dit heeltyd somer en seisoensverandering is nie iets waarna jy kan uitsien nie.

En daarom dat ek argumenteer: Die “A” in Augustus staan vir arrogant. Want hoe durf hy nou al opdaag?

Sies.

LEES OOK: As jou salaris net ‘n naweek hou

 

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button