Local newsNews

Jongman sterf in motorongeluk

Die motorongeluk het vroeg gisteroggend gebeur op die Kaapsehoop-pad.

MBOMBELA – Die 24 jarige Junior Kabous Goetze, beter bekend as Kabous, is Saterdagoggend ongeveer 00:30 in ‘n kop-aan-kopbotsing oorlede.

Goetze se meisie, Liza Bernard, het aan Laevelder vertel dat Goetze op die Kaapsehoop-pad gesterf het toe hy in sy 1400 Nissan-bakkie op pad huis toe was.
Sy het vertel dat hulle ‘n partytjie by die Nelspruit Lughawe bygewoon het. Sy is daarna na haar huis waarna Goetze ‘n geskenk by ‘n vriend in die dorp gaan aflaai het. Daarna het hy huis toe gery.
Liza Bernard en Junior Kabous Goetze.
Volgens haar was dit ‘n vriend van Goetze wat in die ander motor was.
“Hy (Goetze) was ‘n wonderlike mens gewees. Elkeen wat hom geken het se lewe gaan beslis donkerder wees sonder hom. Hy was ‘n groot Christen en ek en sy ouers was baie lief gewees vir hom,” het ‘n hartseer Bernard vertel.
LEES OOK: Care Buddies visit at Laeveldrus brings joy
Min details oor die ongeluk is beskikbaar, maar Laevelder sal die storie opdateer sodra meer inligting aan die lig kom.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button