Local newsNews

Wen handgemaakte kombers deur Wenslys vir Bejaardes

Die kompetisie sluit 1 September.

Die Wenslys vir Bejaardes is ongeveer 20 jaar gelede deur Anne-Mari Gavin gestig toe sy die nood begin raaksien het van staatspensioenarisse wat nie in ouetehuise woon nie.

Vandaar het sy gepoog om te verseker dat daar na senior burgers se daaglikse behoeftes omgesien word. Hulle is daarvoor van skenkings van die gemeenskap afhanklik.

Gavin poog ook om elke jaar Kersfees vir bejaardes spesiaal te maak. Hiervoor begin sy nou reeds fondse en benodigdhede insamel.

LEES OOK: Wenslys vir Bejaardes sukkel om vanjaar hul doelwit te haal

As deel van hierdie insameling, het sy ook besluit om ‘n hangemaakte kombers as prys te gee.

Hier is wat jy moet doen:

• Skenk enige bedrag geld aan die wenslys.

• Raai die hoeveelheid afkantpunte wat om die kombers is.

‘n Voorbeeld van afkantpunte.

• Stuur ‘n e-pos met jou naam en raaiskoot na am4care@xsinet.co.za. Sodra jou betaling ontvang is, sal jy vir die prys in aanmerking kom.

LEES OOK: 2018 se wenslys vir bejaardes

Back to top button