Local newsNews

Pumas op die verhoog te sien vir ‘n goeie doel

Op 8 Maart kan jy die manne by Mbombela Stadion sien soos nog nooit vantevore nie.

MBOMBELA – Die Pumas maak hulle reg vir ‘n aand van heerlike kos en puik vermaak en jy is ook genooi!

Dié aand gaan hulle hul talent op die verhoog ten toon stel in plaas van op die rugbyveld en dit alles vir ‘n goeie doel: Zancha van Raaij.

Die 14-jarige Zancha is een van slegs 10 modelle landswyd wat genooi is om aan die International Talent Showcase-kompetisie (ITS) in die VSA deel te neem en die Pumas staan bankvas agter haar.

LEES OOK: Local teen sets sights on international showcase

Zancha van Raaij.

“Met al die topagentskappe en rolprentvervaardigers wat by hierdie kompetisie nuwe talent uitsnuffel, is dit ‘n droom wat waar geword het. Dit is een waarvoor ek werklik hard gewerk het,” sê Zancha.

“Haar ma het ons genader en ons is altyd opgewonde om te kan teruggee aan die mense wat ons ondersteun. Gedurende die aand gaan die spelers modelleerwerk doen, in groepe optree en duette sowel as individuele items lewer,”

vertel die Pumas se hoofafrigter Jimmy Stonehouse, wat ook agter die mikrofoon gaan inskuif.

“Hierdie is iets heeltemal anders en ons is baie opgewonde daaroor.”

Zancha se ma Jana vertel dat hulle net so baie na die geleentheid uitsien.

Volgens haar gaan daar ook hope pryse op die spel wees, sowel as ‘n veiling.

“Ons gaan selfs ‘n paar van die spelers opveil,” vertel Jana.

Zweli Silaule, Marné Coetzee, Hugo Kloppers, Zancha van Raaij, Marko Janse van Rensburg, Boeta Vermeulen en Hilton Lobberts.

Die kaartjies vir die aand beloop R250 per persoon. Daar sal ‘n kontantkroeg wees en jy gaan die geleentheid kry om heerlik saam met die spelers te kuier.

Intussen samel Jana deur middel van die verkoop van lootjies ook geld vir Zancha in.
Lootjies kos slegs R100 en jy staan ‘n kans om onder andere, een van die volgende te wen: ‘n Wegbreek van twee aande vir twee mense by die Buffalo Hotel, ‘n getekende Puma-trui, ‘n besigtigingsvlug oor die Laeveld, maaltydbewyse na verskeie restaurante en ‘n vier maande lange modelleerkursus.

Hierdie is ‘n geleentheid wat beslis nie misgeloop moet word nie.

Kaartjies is te koop by Stonehouse by 066-473-6174 en kaartjies en/of lootjies kan ook by Jana gekry word by 072-393-1575.

LEES OOK: Pumas – in it to win it

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Check Also
Close
Back to top button