Local newsNews

Wenslys vir Bejaardes sukkel om vanjaar hul doelwit te haal

Dit ten spyte van 'n reuseskenking wat hulle onlangs van SPAR se verspreidingsentrum in die Laeveld ontvang het om in die Kerswenslyste van behoeftige senior burgers te voldoen.

MBOMBELA – Die Wenslys is ongeveer 20 jaar gelede deur Anne-Mari Gavin gestig toe sy die nood begin raaksien het van staatspensioenarisse wat nie in ouetehuise woon nie.

Vandaar het sy gepoog om te verseker dat daar na senior burgers se daaglikse behoeftes omgesien word. Hulle is daarvoor van skenkings van die gemeenskap afhanklik.

“Elke jaar het die mense van die Laeveld so ‘n oop hand, maar hierdie jaar gaan dit nie so goed nie,” het Gavin gesê en het erken dat die skenking van SPAR slegs een van twee skenkings is wat sy tot dusver ontvang het.

LEES OOK: 2018 se wenslys vir bejaardes

Gavin sê sy is baie dankbaar vir hierdie skenking wat bestaan het uit toiletware, beskuit, vrugtesap, koekies, lekkers en hondekos. Oor bietjie meer as ‘n maand is dit Kersfees en Gavin pleit dat almal wat moontlik kan, asseblief aan die Wenslys ‘n skenking moet maak.

Daar is ook ‘n gebreide kombers op die spel vir die persoon wat die grootste bydrae gee. Enigeen wat wil help, kan Gavin by 072-300-6002 skakel. Die volledige Wenslys is op Laevelder se webtuiste beskikbaar.

LEES OOK: Help ons bejaardes se wense die Kersfees bewaarheid

Back to top button