Local newsNews

2018 se wenslys vir bejaardes

So kan jy die bejaarde gemeenskap help.

MBOMBELA – “Dis die Here se tyd pop, nie ons tyd nie.” Anne-Mari Gavin groet ‘n mens met ope arms wanneer jy by haar huis instap. Hierdie self-erkende aktivis sien al vir meer as 20 jaar om na die bejaarde gemeenskap van Mpumalanga en is ook die stigter van Wenslys vir Bejaardes.

Sy leef die Christelike waardes waarvoor sy staan met haar hele wese uit en glo dat die Here altyd sal voorsien waar daar nood is.

ALSO READ: ’n Vrou met ’n hart van goud

Volgens haar het die wenslys begin toe sy die nood van staatspensioenarisse buitekant ouetehuise begin raaksien het. “Ek het die heel eerste toy run in die Laeveld gehou en toe ek ‘n wenslys van een van die kinders sien, het ek besef dit is wat bejaardes ook nodig het,” vertel sy.

Gavin het pensioenarisse van Belfast, Waterval Boven en die groter Mbombela-omgewing genader en gesê hulle moet drie wense op ‘n lys skryf en vir haar gee.
Daarna het sy die wenslys aan moontlike skenkers gestuur en haar huis het vol sakke gestaan wat sy kort voor Kersfees gaan uitdeel het.

ALSO READ: Help ons bejaardes se wense die Kersfees bewaarheid

Vir skenkings kan Gavin geskakel word by 072-300-6002.

Hier is vanjaar se wenslys:

Back to top button