Local newsNews

Care Buddies gee terug aan meer as 500 mense

581 senior burgers het bederfpakkies ontvang.

MBOMBELA – Op die laaste skof van die Nelspruit Care Buddies se omgeetog, het hulle Vrydag by Herfsakker besoek afgelê.

Gedurende Augustus het hulle ook by die bejaardes van Laeveldrus-, Macadamia Mataffin-, Macadamia-, Mpumalanga- en Oranjesig-ouetehuis gaan kuier. By al hierdie besoekpunte het hulle bederfpakkies aan elke inwoner uitgedeel wat die volgende bevat het: tandepaste, twee koekies speep, ‘n tandeborsel, ‘n waslap, handeroom, sjampoe, reukweerder en lekkergoed.

Maureen Lewis (Care Buddy) en Bettie Nel.

Die Care Buddies het die inhoud van hierdie pakkies oor naweke in Julie buite Crossing SUPERSPAR ingesamel. Volgens Meisie Barnard, voorsitter van die Nelspruit Care Buddies het hulle 336 senior burgers met hierdie projek bederf, terwyl die Witrivier Care Buddies met ‘n soortgelyke projek 245 bejaardes vreugde kon verskaf.

ALSO READ: Macadamia word bederf deur Care Buddies

“Dit beteken 581 mense het in Augustus ‘n behoorlike geskenkpakkie ontvang om die finansiële druk op hulle te help verlig,” het Barnard gesê.

Soos al die ander ouetehuise het Herfsakker ook sy eie tradisies met die Care Buddies. “Ons gaan kuier elke week en op Maandae vermaak ons hulle met musiek of speletjies. Hulle is veral mal oor die speletjies,” het Barnard gesê.
‘n Baie suksesvolle projek is afgesluit met dié Vrydag-kuier saam met inwoners, vriende en personeel.

Johma van Kraayenburg (Care Buddy) en Hannetjie Brummer.

ALSO READ: Eskort maak hart oop vir die gemeenskap

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button