EntertainmentLifestyle

Dansers bekoor gehoor by vanjaar se Eisteddfod

Leotards en tutu's was Maandag aan die orde van die dag toe daar met die dansafdeling van die Nelspruit Eisteddfod afgeskop - en deur die dansers ook opgeskop - is.

MBOMBELA – Die dansers het gedraai en geswaai om beoordelaar Pinto Ferreira vanaf die Communio-kerk se verhoog te beïndruk en het tot vandag kans om dit reg te kry.

Learn to Fly-dansgroep bestaan uit die Van den Heever-sussies Kaila, Megan en Katie.

Tydens sy replieklewering het Ferreira die deelnemers aangemoedig om die gehoor by hulle dans te betrek deur hulle in die oë te kyk. Hy het ook gesê dansers moet onthou om energie in hul bewegings in te sit en elke oomblik ten volle te geniet.

Walk For Me-dansgroep.

Vir hierdie spesifieke afdeling was daar 325 inskrywings en 640 deelnemers. “Dit gaan baie goed. Ons is dankbaar vir die groot verskeidenheid dansvorms wat vanjaar hier is,” sê eisteddfod voorsitter Thea Möller.

LEES OOK: Afrikaanse drama vier fees op eisteddfod verhoog

Die Radical Rabbits Hip-Hop-groep bestaan uit Kelsey en Livy Owen.

Van die genres waaraan deelnemers kon meeding, was kontemporêr, hip-hop, modern en ballet, en in die meeste genres kon deelnemers indivudueel, in pare of in groepe optree.

Chevonne Sevenster en Angelene Neethling.

Die volgende afdeling wat Maandag begin, is Engelsdrama en sluit items soos voordrag, gedramatiseerde prosa en poësie, monoloë en groeps-toneel in.

Die Ash and the Porcupines-duo bestaan uit Tessi Ratnarajah en Simuthande Mdluli.

LEES OOK: Die 2018 Nelspruit Eisteddfod skop af

Back to top button