Local sportSport

Badenhorst, Phil-Mar op pad na wêreldbeker

Plaaslike spiesgooier, Phil-Mar Janse van Rensburg het sy droom verwesenlik toe hy die Suid-Afrikaanse span vir die Atletiekwêreldbeker in Londen gehaal het.

Dié 28-jarige, ‘n produk van Hoërskool Nelspruit (NHS) se atletiekspesialis DP Badenhorst vertrek eersdaags saam met die span van 40 atlete na die Olimpiese Stadion van 2012.

Deesdae staan die stadion as die Londen-stadion en Koningin Elizabeth Olimpiese Park bekend.

Badenhorst is as lid van die spanbestuur van die Atletiek Suid-Afrika-groep gekies.

Dit sal die twee se tweede oorsese toer vanjaar wees met die dat Janse van Rensburg vroeër vanjaar by die Statebondspele in Australië se Goudkus in aksie was. Hier het hy ‘n afstand van 79,83 m gegooi, wat hom ‘n vierde plek besorg het.

Tydens die Suid-Afrikaanse senior kampioenskappe in die Puk McArthur-stadion in Potchefstroom, het Badenhorst sy eerste senior spiesgooikampioen opgelewer toe Janse van Rensburg vir ‘n wengooi van 79,86 m ‘n goue medalje ingepalm het.

DP Badenhorst.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button