BlogsOpinion

Wat is slegter as ‘n halfgaar aartappel?

...'n Lewe wat, soos 'n halfgaar aartappel, 'n onklaar gejaag geword het.

“Niks smaak so sleg soos ‘n halfgaar aartappel nie.”

Dis Sondagaand. Ek treur oor die verdwyining van my navorsingsprojek. Die helfte daarvan lê op ‘n geheuestokkie wat die gees gegee het. Christoph, my kêrel, maak kos. Ons luister heavy metal. Want ek gee só uiting aan my woede oor die akademiese verlies.

Dit was ‘n goor maand, man. Nie net het ek ‘n sak patats se gewig opgetel nie, maar my familielede het dit nodig gevind om my daarop te wys tydens ‘n onlangse troue. My nuwe beetrooi haredos (a-la Marianne Fassler) het ook deurgeloop.

Sedertdien sukkel ek met ‘n onderliggede beneuktgeit. Ek is of kwaad of hartseer en ek is nie seker vir wie nie. Is dit nou vir myself omdat ek te veel geëet het, of vir die wolwe in skaapsklere wat my aandag daarop gevestig het, minwetend dat dit reeds my gedagtes oorheers het?

Of was dit vir diegene wat durf my diskresie oor my eie haredos bevraagteken? (Wat jy waar kry?!)

Vandag was weer so ‘n dag, totdat ek iets besef het.

‘Helene, dis net vet.’

Dis nie die einde van die wêreld nie. Dit maak my nie lelik nie. Dit maak my niks minder werd nie. En dit is geen bedreiging nie.

‘Dink daaroor. Maak ‘n bak margarien jou bang? Nie? Nou ja, vir wat maak jy ‘n berg van vet word?’

Obsessie is ‘n onding. ‘n Obsessie met’n mens se gewig gebeur wanneer jy aanhoudend daaroor tob.

‘Kom oor dit. Balans kom altyd weer, dis ongesonde denke wat dit aanhou vertroebel,’ besef ek.

Nou wonder ek sal maak van ander mense se kommentaar oor my voorkoms.

‘Helene, dis net mense.’

Mense en dinge is nie ‘n getob werd nie. Die lewe is te mooi en die skadus van onnodige bekommernis beroof my van die positiwiteit wat nóú bied. Ek besluit oplaas om te glimlag, mooi musiek te luister en myself te omarm soos wat ek nou lyk. Daar sal altyd vetter tye en maerder tye wees. Soms is ‘n mens meer gewild en soms minder so.

Wanneer ‘n mens oor hierdie dinge tob, verloor jy die grootste geskenk wat daar is:

‘Helene, hierdie is jou lewe.’

Jy het net een. Moet niemand dat iemand jou daarvan beroof nie. Dit is eenvoudig te mooi – rou, eerlik, ongepoets en nóú.

Hou op haas, hou op jaag. Wag tot die aartappel gaar is en smul!

Die lewe is lekker.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button