Pen in my Hand met Juliette Whelpton

Die aand was oudergewoonte 'n reusesukses met lewendige gesprek tussen Whelpton, Steenkamp en die gehoor wat veral bly was om te hoor dat deel van Whelpton se fokus met die reeks boeke is om lees onder jonger kinders aan te moedig.

MBOMBELA – Die gemoedelike atmosfeer by Donderdagaand se Pen in my Hand-geleentheid het tot spontane sang gelei.

Juliette Whelpton, wat met Alita Steenkamp in gesprek was oor haar reeks, Helde met Hoewe het op versoek van die gehoor ‘n paar strofes van die gewilde Afrikaanse liedjie “Blinkvosperd” gesing met die hulp van meer as 70 gaste.

Volgens haar het perde en die mens se noue verhouding met dié diere haar nog altyd bekoor.

Lees ook: Op die spoor van die perde van weleer

“Perde was nog altyd deel van my lewe. As kind het ek ‘n perd gehad en so het my verhouding met hulle gegroei,” het Wheltop, outeur van die drie boeke in die reeks gesê.

As navorser en sielkundige met meer as 20 jaar se ondervinding in die SAPD het perde en die geskiedenis van veral dié tydens die Anglo-Boereoorlog vir haar die nodige geskiedkundige feite en verhale verskaf om haar boeke te skryf.

“In oorlog is daar nie wenners nie, almal verloor.”

“En dit is hierdie aspek van die geskiedenis wat ek op ‘n objektiewe manier wil deel deur my boeke te fokus op die verhale van die perde en nie net hul ruiters nie,” het sy gesê oor haar boeke wat vir kinders van tussen nege tot 13 jaar geskryf is.

Lees ook: Nuwe held met hoewe op Kaapsehoop

“Alhoewel hulle op ‘n jonger mark gerig is, kan volwassenes ook aanklank vind weens die rykdom van die geskiedkundge inlgiting wat hulle bevat,” het Steenkamp gesê oor Welpton se deeglike navorsing.

“Ek het moeite gedoen om die plekke te gaan besoek waar die Boeregeneraals met hul perde gekamp en geveg het en ek dink dit was een van die onvergeetlikste aspekte van die skryfproses,” het sy gesê.

Die aand was oudergewoonte ‘n reusesukses met lewendige gesprek tussen Whelpton, Steenkamp en die gehoor wat veral bly was om te hoor dat deel van Whelpton se fokus met die reeks boeke is om lees onder jonger kinders aan te moedig.

Lees ook: Scootouring around Kaapsehoop

“Ek dink perde in die algemeen, en veral die wilde perde op Kaapsehoop kan vir baie mense baie leer,” het Whelpton, self ‘n inwoner van die dorp, gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button