Local newsNews

Du Plessis deel stories oor swierbolle en swerkaters

Izak du Plessis gesels oor sy nuwe boek, Boereverneukers - Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters by hiedie maand se Pen in my Hand-geleentheid.

MBOMBELA – Laevelders het verlede Donderdagaand ‘n goeie dosis stories geniet by die koerant se maandelikse Pen in my Hand-geleentheid.

Oor ‘n glasie rooiwyn by die A Bica Koffiewinkel het Izak du Plessis, die gewilde RSG-radiojoernalis en skrywer, stories uit sy nuwe boek, Boereverneukers – Afrikaanse swendelaars, swierbolle en swerkaters kom deel.

Lees meer: Pen in my Hand: Dr Jack

Izak du Plessis. Photo: Hancu Louw

“Die interessante ding oor al die karakters in dié boek is dat hulle almal glo dat hulle niks verkeerd gedoen het nie,”
het Du Plessis oor die 14 Suid-Afrikaners gesê, wat volgens hom die titel van swierbol, swendelaar of swerkater verdien.

Die gehoor wat die koffiewinkel stampvol gesit het, was inderdaad deur sy stories meegesleur en het met vraetyd lekker met hom gesels waarom hy juis hierdie manne in sy boek ingesluit het.

Lees meer: Pen In My Hand: Student Comrade Prisoner Spy

Izak du Plessis and De Wet Potgieter. Photo: Hancu Louw

Dit was ‘n groot sukses en die aandete, ‘n heerlike bord bobotie, geelrys, pampoenkoekies en mengelslaai, verskaf deur A Bica, was oudergewoonte smullekker.

As jy op die hoogte wil bly van die volgende Pen in my Hand-geleentheid, skakel gerus Hancu Louw by 079-513-0987 of stuur ‘n e-pos na hancu@lowvelder.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button