Local newsNews

Nelspruit Eisteddfod se gala-aand skitter

Die geleentheid help om die deelnemers, wat van regoor die Laeveld kom, op 'n kulturele vlak te ontwikkel.

MBOMBELA – Die Nelspruit Eisteddfod se gala-aand was vanjaar weer ‘n glansryke geleentheid waar van die topdeelnemers ‘n platform gehad het om hulle talent met die eregaste, publiek, vriende en ondersteuners te deel.

Slegs ‘n klein groep van die genomineerde deelnemers kry jaarliks die geleentheid om in dié program ingesluit te word.

Andrich Eloff, wenner van die junior veelsydigheidstrofee, Thea Möller en Xander Goosen, wenner van die senior veelsydigheidstrofee.
Theresa Prinsloo, Sumari Naudé, wenner van Innibos Prestasiebeurs vir hoërskole, en Paul Viljoen, hoof van Curro Nelspruit.

Al die afdelings van die eisteddfod was verteenwoordig met ‘n verskeidenheid optredes van uitstaande gehalte.

Lees meer

Die beeldende kunste en fotografie-afdeling se prestige-werke is in die foyer van die pragtige Communio-ouditorium uitgestal.

Dertig items uit al die afdelings het gesorg vir die beste vermaak, van meer ernstige en klassieke werke, tot heerlike ligte en opwindende items in dans, voordrag en drama, vokale en instrumentale musiek.

Erize de Lange.
Liam Jacobs.
Hoërskool Lydenburg Koor.
Zimri Leuvennink.
Jodi Dos Santos en Megan Botha.

Die voorsitter van die Nelspruit Eisteddfod, Thea Möller het die onderskeie borge en organiseerders bedank vir hulle betrokkenheid en bydraes sodat hierdie groot geleentheid geskep kon word om deelnemers op ‘n kulturele vlak te kan ontwikkel.

Die hoofdoel is om kinders te ontwikkel en gereed te maak vir daaglikse uitdagings, behalwe dat die verhoog op sigself ‘n ondervinding en leerskool in eie reg is.

“Ons streef daarna om kinders te bemagtig deur hulle te leer deur die kunste om eendag hulle regmatige plek in die samelewing te kan vol staan.”

Sien ook

Die mees veelsydige deelnemers aan die eisteddfod vir laer- en hoërskole, was albei van Curro Nelspruit.

Andrich Eloff het met die laerskooltrofee weggeloop en Xander Goosen met dié vir hoërskole. Beide het in vier verskillende afdelings van die eisteddfod deelgeneem.

Die aand is afgesluit met ‘n massa-item waarby 170 deelnemers betrokke was. Op maat van “When You Believe” uit The Prince of Egypt, is die verhoog opgetower in sagte blou lig en gloeiende hoepels en balle is gebruik om almal met ‘n glimlag en warm hart huis toe te stuur. Die aand was ‘n glansryke sukses.

Meridian Karino se gr. 6-groep doen moderne dans.
Emma Neethling van Hoërskool Lydenburg.
Andreas van Heerden.

 

Back to top button