School sportSport

Die Laeveld se atlete is slaggereed vir Mussa’s

Sy sal saam met 'n span van 26 Laerskool Nelspruit-atlete, om glorie meeding.

Die Obaro Interlaer-atletiekbyeenkoms se senior victrx ludorum, Shanese de Clerck (o/12) vetrek môre na Secunda vir die Mussa-kampioenskappe.

Nellies se aanspraakmakers, Lana Botha (o/10), Anje Nel (o/13) en die enigste atleet wat meer as 1 000 ABSA-punte by die interlaer kon insamel, Kiara Craven gaan ook in Secunda in aksie wees.

Lees ook: Shanese, Zimele is atletiek se goues

Een van Laerskool Laeveld se blinkste sterre, Cian Maritz (o/11) kan heel waarskynlik ‘n plek op die podium vir sy wenafstand van 10,27m in die gewigstootput inneem. Roland Stoltz se eerste plek in die verspringput in Lydenburg van 4,17m kan hom ook dalk ‘n medalje in die sak bring.

Laerskool Witrivier se spoedvraat, Callum van Staden het na die Mussa’s vir die 70m-hekkies, 100m en 80m deurgedring. Langasem, Nicky Nel gaan haar staal in die 1 500m en 800m wys.

Die feit dat spiesgooi nie juis in laerskole-atletiek beoefen word nie, het nie vir Heino Meiring van Laerskool Bergland verhoed om vir die item vir die Mussa’s te kwalifiseer nie. Met ‘n persoonlike beste afstand van 28,00m is hy slaggereed vir die provinisale-kampioenskappe.

Curro Nelspruit se goue seun, Kian Mouton sal ook vir groot opwinding sorg.

Die volgende atlete gaan môre in Secunda deelneem
Laerskool Nelspruit
Kiara Craven (o/10) – 70m-hekkies, verspring, hoogspring en gewigstoot
Ninke Mostert (o/10) – 80m en 100m
Lana Botha (o/10) – 80m en 1 200m
Megan Botha (o/10) – 70m-hekkies, verspring en gewigstoot
Elizma de Villiers (o/10) – hoogspring
John-Robert de Clerk (o/10) – verspring
Wian Lambrecht (o/10) – 1 200m en 80m
Vaughn van Zyl (o/10) – gewigstoot
Joshua Fincham (o/10) – 1 200m
Warren van Eyssen (o/10) – hoogspring
MJ van Staden (o/10) – gewigstoot en verspring
Telieze Coetzee (o/11) – gewigstoot
Christine Venter (o/11) – gewigstoot
Zane du Toit (o/11) – verspring
Tanya Pieterse (o/11) – 1 200m en hoogspring
Ewan Botha (o/11) – hoogspring
Nathan Duncan (o/11) – 1 200m en 80m
Hugo Liversage (o/11) – gewigstoot
Danielle Groenewald (o/12) – verspring en 150m-hekkies
Shanese de Clerck (o/12) – 150m, verspring, hoogspring en 75m-hekkies
Ashley Erasmus (o/12) – gewigstoot en skyfwerp
Luke Poisson (o/12) – gewigstoot
Cathlene van Zyl (o/13) – gewigstoot en skyfwerp
Anje Nel (o/13) – 200- en 75m-hekkies en hoogspring
Larise Combrink (o/13) – verspring, 100m en 200m
Mechiel Brink (o/13) – hoogspring
Drikus Greeff (o/13) – 800m.

Bergland
Heino Meiring (o/12) – speisgooi
Janco Labuschagne (o/12) – 150m.

Janco Labuschagne en Heino Meiring.

Laeveld
Danika Willemse (o/11) – 1 200m
Therese Seyffert (o/12) – 1 200m
Mieke Louw (o/13) – 200m en 75m-hekkies
Karien Goosen (o/13) – 200m en verspring
Ané Janse van Rensburg (o/13) – gewigstoot, 800m en 1 500m
Ruan de Beer (o/11) – 70m-hekkies en verspring
Cian Maritz (o/11) – gewigstoot
Roland Stoltz (o/11) – verspring
Ruan Pretorius (o/12) – hoogspring, 150- en 75m-hekkies
Marco Capazorio (o/13) – 200m, 80- en 200m-hekkies
Luan Steyn (o/13) – 800m
Christopher Sjoblom (o/13) – gewigstoot.

Curro

Kian Mouton, Neil van Aardt, Mia Putter, Lemuel Sibandé, Shené Coetzee, (agter) Waldt Stander, Meriam Moshood, Lara Buchner, Julia van Aardt en Erin Merensky.Penryn Prep
Dylan Ormiston – hoogspring
Jemma Smuts – hoogspring
Naledi Theledi – 200m-hekkies
Nikiwe Nkuna – 150m-hekkies
Luke Hoekstra – gewigstoot
Didi Mogane – gewigstoot
Simukhonze Mdluli – gewigstoot.

Dylan Ormiston, Naledi Theledi, Nikiwe Nkuna, Luke Hoekstra, Didi Mogane en Simukhonze Mdluli.

Witrivier
Mohamed Abdallah – 100m
Callum van Staden – 70m-hekkies, 100m en 80m
Nicky Nel – 1 500m en 800m
Jaque Stassen – gewigstoot
Naki Fakude – 150m en 100m
Sandiswa Makua – 75m-hekkies
Liane Devenish – 75m-hekkies
Kayla de Villiers – hoogspring
Basani Nxumalo – hoogspring.

Voor: Mohamed Abdallah, Callum van Staden, (middel) Nicky Nel, Jaque Stassen, Naki Fakude, Sandiswa Makua, (agter) Liane Devenish, Kayla de Villiers en Basani Nxumalo.

Back to top button