Hard newsNews

Annatjie Myburgh: nog geen teken van haar of haar voertuig

Whatsapp's het vanoggend die ronde gedoen dat haar Pajero by Numbi gevind is, maar mnr. Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice, het dit ontken

13:15: WITRIVIER – Daar is nog geen teken van me. Annatjie Myburgh of haar Pajero nie.

Die soekgeselskap is egter nog vol moed en energie. Mnr. Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice, het gesê dat hulle nou weer by Casterbridge bymekaar sou kom. Vandaar sal hulle weer in groepe opdeel en die soektog voortsit.

Verskeie private motorfietsryers soek ook met hulle veldfietse in nabygeleë plantasies en bosse. Kospakkies word ook deurlopend aan die betrokkenes uitgedeel.

‘n Beloning van R7 500 is ook uitgeloof vir inligting oor Annatjie en haar voertuig.

WITRIVIER – Die polisie, sekuriteitsbeamptes en lede van die gemeenskap het vanoggend 07:00 hulle soektog na me. Annatjie Myburgh hervat.

Sy is gisteroggend vermoedelik gekaap en ontvoer. Whatsapp’s het vanoggend die ronde gedoen dat haar Pajero by Numbi gevind is, maar mnr. Albert Gryvenstein van Bossies Community Justice, het dit ontken.

Lees ook: Opvolg op ontvoerde vrou: bidgroep gestig

Mnr. Shaun Terblanche van J&M Sekuriteit, het gesê dat die soektog na Myburgh is “soos om ‘n naald in ‘n hooimied te soek”.

Laevelder het vanoggend met Myburgh se man, mnr. Wendell (snr.) Myburgh gesels. Dié storie sal in more se gedrukte uitgawe van die publikasie beskikbaar wees.

In die video, vertel Terblanche waar hulle die soektog gaan fokus

Back to top button